advertisement
Question
Posted by: maddy | 2008/07/25

metobolisme

wat is metobolisme sindroom en hoe kan ek dit genees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Maddy
Metaboliese sindroom is 'n kombinasie van insulienweerstand, oorgewig, verhoogde bloedvette en ander degeneratiewe siektes soos hoë bloeddruk. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en doen 'n soektog met "Metabolic Syndrome' om meer daaroor te lees. Dit word behandel deur a) gewigsverlies m.b.v. 'n lae-vet dieet met 'n lae glisemiese indeks (GI) (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die GI). 2) daaglikse aërobiese oefening (soos swem, flink stap, hardloop, touspring, roei, aansluit by 'n gimnasium of Walk for Life) vir 30 of meer minute, c) medikasies soos bv statiene om bloedvetvlakke te verlaag en/of Glucophage om insulienvlakke te verlaag (bespreek dit met jou dr). Die toestand kan nie eintlik genees word nie, maar dit kan wel grotendeels verbeter en veral beheer word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: tania | 2008/09/23

Haai ek het gou jou vraag en die dok se aanbeveling / beskrywing gelees.

Oe, ek is nou so bang jong... Ek het oor ' n tydperk van 1 jaar soveel gewig opgetel sonder enige besliste rede en het gister gou dok toe gegaan vir bloedtoetse. Sy het ondermeer bloed getrek vir bogenoemde.

Ek was die afgelope 10jaar ' n no.32 en skielik pas niks nie!!! Ek is 37 en baie mismoedig hieroor.. ek sal nou eers donderdag of vrydag my uitslae kry...

Aangesien dit altyd vir my ' n stryd was om so maer te bly is die vir my ongelooflik depressief om so gewig op te tel met geen rede. ek weet nie hoe ek gaan aanpas as dit posetief is dat ek bogenoemde ontwlikkel het nie..

Die dok het gese dit is maar net jou lewenstyl / eetgewoontes wat sal moet verander, maar is daar enige besliste waarborg dat mens gewig weer sal kan verloor en normaal wees ?? dit was nog altyd my grootste vrees om vet te wees.



Reply to tania

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement