advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2011-01-17

metabololiese sindroom / insulien

More diet doc
Ek het vandag 3 vrae.
Is bietjie deurmekaar.Soos in n vorige briefie het ek gese dat ek Insulien weerstandig is. Vastende insulien telling was 14,2. Ek is 35 jaar oud en het tussen 12 en 14 kg om te verloor.

Ek het gister in Huisgenoot se dieet tydskrif gelees van die Metabolisme B dieet. As ek so deur die dieet lees klink dit of hulle van my praat. Hulle noem dat jou metabolisme in n gemors is en al manier hoe om dit reg te maak is om vir 8 weke lank koolhidrate heeltemal uit te sny en na 8 weke klein hoeveelhede terug te sit. Dit is vir my teenstrydig teenoor die low GI dieet wat my dokter aanbeveel het. Wat is die beste ding om te doen? Om deur te druk met die Metabolisme B dieet of om volstroom te gaan met Lae GI kosse? As ek voortgaan met Lae GI, gaan ek my metabolisme kan regruk sonder om dit heeltemal uit te sny?

2) Lae GI beveel saadbrood aan. Hoeveel snye word daagliks aanbeveel. Is n saadbroodjie nie baie meer vetmakend nie? Oor die algemeen. Maak Lae GI kosse nie vetter as gewone kosse nie?

3) Ek oorweeg dit om vir my die Vibro shape aan te skaf om my middellyf bietjie te maseer. Is dit die moeite werd om R500 te betaal vir dit? Is dit goed vir jou om jou middellyf op n daaglikse basis te " dril" . Hoe groot is die " success rate" . Of is dit n foefie?

Dit voel of hierdie insulien weerstandigheid soos n swaard bo my kop hang. En by die dag raak ek net meer deppressief. My selfbeeld lei hieronder. En ek is al op stadium wat ek nie meer wil sosialiseer nie. Kan insulien weerstandigheid oorwin word of gaan ek opgeskeep sit met dit vir die res van my lewe?
Dankie vir al die geduld en vragies wat so volledig beantwoord word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie
Ek kan verstaan dat jy mismoedig voel, maar insulienweerstandigheid (IW) kan wel oorwin word deur 'n lae-vet, lae-GI dieet streng te volg totdat jy die oortollige gewig verloor het en om ook daaglikse aërobiese oefeninge te doen. Ek het vir jou al die riglyne aangedui op 12 Januarie 2011 - pas dit asb toe en wees bietjie geduldig, sodat jou liggaam by hierdie nuwe eetpatroon en oefeninge kan aanpas. Ek sal nie aanraai dat jy die Metabolisme B dieet probeer nie, aangesien die menslike liggaam koolhidrate nodig het en jy koolhidrate kan gebruik so lank as wat dit lae-GI koolhidrate is. 8 weke is te lank om alle koolhidrate uit te sny en die risiko van ketose te waag. Bly tog asb by die lae-GI dieet en doen oefeninge. Daardie Vibro Shape toestel sal miskien help om jou middellyf effens kleiner te maak, maar dit gaan nie vir JOU laat oefen nie en dit is wat nodig is aangesien die aërobiese oefeninge wel jou bloedsuiker- en insulienvlakke sal verbeter, jou gewig sal help beheer en selfs jou depressie laat verbeter. Pleks om depressief te wees, pak die lae-GI en oefenprogram aan en doen iets positief oor jou toestand. Saadbrood het miskien ‘n hoër energie-inhoud as volgraanbrood, maar a.g.v. die lae-GI van saadbrood, sal dit jou metabolisme nie benadeel soos wit- en bruin- en volgraanbrood wat almal ‘n hoë GI het. Eet net effens minder van die saadbrood en sit minder margarien op die brood om die energie-inhoud te verlaag.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-01-18

Beste Annemarie
Ek kan verstaan dat jy mismoedig voel, maar insulienweerstandigheid (IW) kan wel oorwin word deur 'n lae-vet, lae-GI dieet streng te volg totdat jy die oortollige gewig verloor het en om ook daaglikse aërobiese oefeninge te doen. Ek het vir jou al die riglyne aangedui op 12 Januarie 2011 - pas dit asb toe en wees bietjie geduldig, sodat jou liggaam by hierdie nuwe eetpatroon en oefeninge kan aanpas. Ek sal nie aanraai dat jy die Metabolisme B dieet probeer nie, aangesien die menslike liggaam koolhidrate nodig het en jy koolhidrate kan gebruik so lank as wat dit lae-GI koolhidrate is. 8 weke is te lank om alle koolhidrate uit te sny en die risiko van ketose te waag. Bly tog asb by die lae-GI dieet en doen oefeninge. Daardie Vibro Shape toestel sal miskien help om jou middellyf effens kleiner te maak, maar dit gaan nie vir JOU laat oefen nie en dit is wat nodig is aangesien die aërobiese oefeninge wel jou bloedsuiker- en insulienvlakke sal verbeter, jou gewig sal help beheer en selfs jou depressie laat verbeter. Pleks om depressief te wees, pak die lae-GI en oefenprogram aan en doen iets positief oor jou toestand. Saadbrood het miskien ‘n hoër energie-inhoud as volgraanbrood, maar a.g.v. die lae-GI van saadbrood, sal dit jou metabolisme nie benadeel soos wit- en bruin- en volgraanbrood wat almal ‘n hoë GI het. Eet net effens minder van die saadbrood en sit minder margarien op die brood om die energie-inhoud te verlaag.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement