advertisement
Question
Posted by: snipgat | 2009/05/16

metabolisme baie baie stadig

Hallo Dokkie
Ek het al wat ' n dieet is al probeer maar kom net nie reg met die gewig nie. Was so 2 jaar terug by ' n dieeet kundige waar hulle my bene dikte bepaal het en ook my metabolisme uit gewerk het. Die dokter het vir my gese ek het twee groot probleme - eerstens my been struktuur is baie groot en tweedens my metabolisme is stadiger as ' n slak. Hy het ' n klein geel kapsuletjie voor geskryf vir 6 maande (kan ongelukkig nie die naam meer onthou nie) en ek het elke dag een gedrink. Ek het so vinnig gewig verloor en dit was fantasties gewees, ek het soos ' n normale mens gevoel. Na die 6 maande het ek terug gegaan maar die dokter was vir ' n onbepaalde tydperk na USA en my eie Huisdokter wou glad nie vir my die kapsuletjies voorskryf nie hy het gese dis baie gevaarlik. Maar ek het glad nie gesukkel met enige newe efekte nie en dis was so lekker gewees om net normal te voel en te lyk. Ek geen nie om of dit gevaarlik is nie solank ek net kan gewig verloor en ook mooi lyk sal ek enige iets doen. Help my asseblief

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Snipgat
Die tweede dr was reg. Dieetpille wat baie vinnige gewigsverlies veroorsaak, is bekend vir die feit dat dit baie newe-effekte inhou, veral verslawing. As jou metabolisme baie stadig is, dan moet jy eerstens die dr vra om jou tiroïedhormoon- en insulienvlakke te bepaal, want dit is heel moontlik dat jy of aan tiroïedhormoongebrek of insulienweerstandigheid (IW) ly. Die dr sal dan tiroïedhormoonaanvulling of Glucophage voorskryf (vir insulienweerstandigheid). Indien jy aan WI ly, moet jy asb.. terugkeer na die dieetkundige vir ‘n dieet met 'n lae vetinhoud en 'n lae-GI (glisemiese indeks). As jy nie so 'n probleem het nie, dan is daaglikse, aërobiese oefening vir 30 of meer min per dag, die beste manier om jou stadig metabolisme te stimuleer, sonder enige potensieel gevaarlike gevolge soos dié van die pille. Oefeninge wat help, sluit in: touspring, hardloop, swem, fietsry, roei, wat jy dan kan kombineer met ‘n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet').
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Carbohydrate problem | 2009/05/18

To dietdoc,
I have been on many eating plans &  diets which were successfull only when cutting out carbs. Ultimately i lose weight quicklly, but wehn bringing carbs back into my daily meal i gain. I excercise regularly +- 4 times a week, but for the last 8 months have gained 3 kilo' s which i can' t lose.

Reply to Carbohydrate problem

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement