advertisement
Question
Posted by: M. Botha | 2012/02/21

Menstruasie

Geagte Dokter

Ek wil graag advies vra oor die volgende probleem wat ek ervaar.

Ek het verlede- en voor verlede jaar vir ‘ n hele paar maande (6+ maande) vreeslik gebloei tydens my menstruasie siklus, wat gelei het tot konstante moegheid, irritasie ens. Ek het ook erge pyn gehad voor en tydens my siklus. So 5 maande terug het ek vir die eerste keer ‘ n GP gaan sien oor die probleem waarna sy vasgestel het dat die probleem dalk gepaard kan wees met stres. My ystervlakke was ook laag a.g.v die bloeding.

My dokter het toe vir my ‘ n kurses yster en stres pille voorgeskryf wat ek omtrent vir 4 maande gedrink het. Saam met dit het sy Yasmin voorgeskryf wat sou help om die bloeding te verminder. Sy het vir my verduidelik dat dit eers 2 tot 3 maande sal neem om heeltemal te verbeter. Vir die eerste 3 maande vandat ek met Yasmin begin het, was my bloeding net so erg met meer klonterigheid en weefsel afskeiding as voorheen. Tussen deur het ek ook gereeld “ spotting”  gekry wat partykeer net so erg en aanhoudend was soos ‘ n normale menstruasie siklus. Die gebruik van Yasmin het ook my hele siklus patron verander.

Ek is nou in my 5de maand van die gebruik van Yasmin. Die bloeding het effens verminder en is nie meer so baie en klonterig soos vroeë r nie, maar my siklus begin ‘ n week te vroeg as wat die pille aandui. M.a.w. ek begin al menstrueer terwyl ek die aktiewe (geel) pille drink en dit hou aan totdat ek die laaste wit (onaktiewe) pil geneem het. Daarna gaan dit goed totdat ek omtrent in die tweede week van die aktiewe pille is dan begin die erge spotting weer. Dit kom en gaan, dan bietjie dan weer baie. Ek het voorheen ook nie veel geskukkel met puisies op my gesig nie, maar vandat ek die Yasmin begin neem het, het ek gereeld ‘ n uitslag op my gesig. Ander simptome wat ek voorheen net voor my menstuasie siklus ervaar het was my borste wat geswel het en baie sensitief was, maar dit is nou nie meer nie. Ek word steeds ge-irreteerd maar ook minder as voorheen.

Ek het nie weer my dokter ge -|- ak nie omdat ek verneem het dis maar die normale proses vir my liggaam om gewoont te raak aan die pil, maar dit voel en lyk nie meer normal vir my nie. Ek het absoluut geen idee wat aangaan nie. Ek is minder gestres as voorheen en leef ‘ n goeie en gesonde leefwyse. Ek is 28, getroud (2 jaar), geen kinders. Ek het ook nog nooit voorheen enige voorbehoed pil gedrink nie. Ek ervaar maar die normale allerdaagse stres van die lewe, maar hanteer dit al baie beter as voorheen. Ek is ook minder moeg en neem ook elke dag ‘ n multi-vitamien aanvulling.

Het u vir my enige raad?
Ek wil ook graag weet watter vroulike ginekoloë  is in die Pietermaritzburg/Durban area?

Baie dankie
M. Botha

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

It sounds like the Yasmin has not solved your problem of irregular cycles. Your next step should be to see a gynaecologist to assess what the underlying cause for the problem is.
Unfortunately I cannot make recommendations on this site.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/06/12

Ek het die inspuiting vir 5jr gebruik. Nou het ek dit n paar maande terug gestp. Vandat ek dit gestaak het menstrieer ek aan een. Ek en my man beplan om weer swanger te word. Kan u my dalk se hkm ek so vloei na die staking van die inspuiting asb? Baie dankie

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/03/02

Hi, I'm drinking Yasmin for almost 11 Years. This month my period did't come when I started to drink the white pil. I was on strong antibiotics. Can I be pregnant as I did a pregnancy test and it was negative.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/08/06

Ek is tans op nordette voorbehoed pil ek gebruik hom nou al 2 weke maar het vandag begin,ek is in 'n siklus maar ek weet nie. Hoekom dt gebeur nie.enige raad

Reply to Anonymous
Posted by: CJ Thorpe | 2012/03/26

Ek wil net graag weet asb ek het Desember laas gemenstrueer en ek weet ek het ''n hormoon probleem. Moet ek nou altyd hormoon aanvulling gebruik. Ek is 41 jaar en voel ek is nog te jonk en is oor die algemeen baie gesond.

Reply to CJ Thorpe
Posted by: A Pretorius | 2012/03/09

Ek het dieselfde probleem. Dit is nou al 4 maande wat ek so aangaan. Ek het nie my pil of enige iets vernader nie. Ek gebruik nou al 3 jaar lank Triphasil. En ewe skielik het die snaakse menstruasie begin. Ek is baie bekommered. Het jy al n antwoord gekry?

Reply to A Pretorius
Posted by: gynaedoc | 2012/02/27

It sounds like the Yasmin has not solved your problem of irregular cycles. Your next step should be to see a gynaecologist to assess what the underlying cause for the problem is.
Unfortunately I cannot make recommendations on this site.

Best wishes

Reply to gynaedoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement