advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2011-09-08

Menstruasie

Goeie dag Dokter,

Ek is 35 jaar oud en gebruik Triodene voorbehoedpil.

Vir ongeveer die laaste 6 maande raak my menstruasie al ligter en vloei ek nie meer soos dit altyd in die verlede was nie. Meeste van die tyd vloei ek net 1 dag, soms 2 dae, maar niks langer as dit nie. Die vloei is ook baie ligter, waar dit altyd normaal was en vir omtrent 4 dae lank. Ek kry ook erge hoofpyne gedurende die tyd.
Hoe lank is normale vloei?

Dankie
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lizzy

Normale vloei is ongeveer 5 dae, die periode wat jy die placebo tablet van Triodene gebruik. Hoofpyn kan 'n newe-effek van die medikasie wees. Ek stel voor dat jy jou ginekoloog vir 'n ondersoek en lae buik sonar konsulteer, om enige probleme uit te skakel. Verdere behandeling sal bepaal word deur die uitslag van die ondersoek by die ginekoloog.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement