advertisement
Question
Posted by: Wonder net | 2011/07/14

menstruasie

Middag doc

Wat kan die rede wees vir n persoon se siklus om net te verdwyn. Swangerskap is uitgesluit. Dit is nou n hele paar maande wat ek glad nie my siklus sien nie. Praat nou van maklik n jaar.
Ek was by n ginekoloog en hy het n bloedtoets gedoen saam met n volledige inwendige ondersoek en smeer. Moet se hy het nie baie verduidelik waaroor die toets gaan nie en het ook nog nooit teruggkom na my toe om te se alles is normaal nie. Ek neem maar aan dit was normaal.
Dokter het vir my ook gese dit kan hormone wees of ek is dalk een van die gelukkiges wat hoe ouer ek word hoe minder menstrueer ek. Ek is 35.
Ek was vir lank op Yasmin en het van Januarie oorgegaan na Yaz toe. Die probleem kom egter al langer terug as die verandering van n pil.
Wat kan nog redes wees. Is dit nodig dat ek bekommerd moet wees?
Ek sukkel ook om gewig af te gooi. Ek is insulienweerstandig en is op een 500mg Glucophage per dag. Kan dit verwant wees met mekaar?
Dankie vir u tyd en moeite om my vraag te beantwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Daar is ongelukkig 'n groot verskeidenheid van toestande wat amenorrhea veroorsaak. Verwys na die volgende webtuiste vir meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Amenorrhea

Swak kontrole van bloedsuiker kan baie beslis amennorrhea veroorsaak en ek stel voor dat jy jou dokter vir toetse konsulteer om vas te stel of jou diabetis goed beheer word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement