advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2011/02/16

Menstruasie

Ek is al nege maande lank van die pil af, maar ek en my man gebruik kondome.

Laasmaand het my menstruasie op die regte datum begin, maar dit was baie lig en eers op dag 3 nodig om ''n tampon te gebruik. Gewoonlik is my menstruasie so dat ek ''n " super"  tampon gebruik, maar hierdie keer moes ek " regular"  gebruik.

My menstruasie het Maandag (14/02) begin soos dit moes, maar weereens baie lig en vandag is daar niks! Nie nodig om ''n tampon te gebruik nie, geen bloed op my doekie nie.

Ek is definitief nie swanger nie.

Wat kan fout wees? Ek is baie bekommerd, want dit is die eerste keer dat so iets met my gebeur.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anoniem
Onreelmatige menstruasies is gewoonlik agv 'n hormoon wanbalans, en dit kan veroorsaak word deur skildklier probleme, dieet, stress, of 'n ovariele kieste. Miskien moet jy tog maar teen Vrydag net 'n swangerskapstoets doen om te bevestig dat jy nie swanger is nie, en dan jou dokter vra om skildklier funksies te toets. Jy mag dalk 'n ginekologiese ondersoek ook nodig hê.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/16

Hallo Anoniem
Onreelmatige menstruasies is gewoonlik agv 'n hormoon wanbalans, en dit kan veroorsaak word deur skildklier probleme, dieet, stress, of 'n ovariele kieste. Miskien moet jy tog maar teen Vrydag net 'n swangerskapstoets doen om te bevestig dat jy nie swanger is nie, en dan jou dokter vra om skildklier funksies te toets. Jy mag dalk 'n ginekologiese ondersoek ook nodig hê.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement