advertisement
Question
Posted by: Alias | 2010/04/30

menstruasie

Ek was al so baie dokter toe met die probleem. Ek en my man sukkel om swanger te word. Die dokters kry glo geen fout nie, maar dit was ek op die internet lees laat my twyfel en my eie ervaring. Sommige maande gaan dit goed, maar ander maande is my siklus tot 40 dae voordat ek begin menstrueer. En dan het ek vir paar dae deurbraak bloeding en dan begin ek eers te bloei.

Ek het van die begin van die jaar begin evening primrose oil drink. Die eerste maand kon ek ''n groot verskil sien. Normale bloeding met geen klonte en erg buik pyne nie. Self my borste was nie eers seer nie, maar van die maand af, is ek terug op die 40 dae siklus en het deurbraak bloeding. Ek wag nog om te begin met die vloeing.

My vraag is, moet ek weer dokter toe gaan, om weer deur die toetse te gaan met net dieselfde diagnose dat hulle niks fout kry nie? Ek is raadop. Wat my ook pla is, ek toets elke maand vir ovulasie. Ek het gewoonlik pyn in my een sy as ek ovuleer. Ek het getoets en daar was ''n ligte pers strepie. ''n Week en ''n half later voel ek weer pyn, toets weer, wys die stokkie ''n donker pers streep. Hoe ovuleer mens ook twee keer, of is die stokkies ook maar verkeerd?

Ek het regtig raad nodig, want ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons sukkel al twee jaar.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n fertiliteits labaratorium kontak vir in-vitro swangerskap. Middels word gegee vir "super ovulasie" waarna die follikels aspireer word om jou eierselle te "oes". Die eierselle word dan in-vitro (buite die liggaam) bevrug met jou man se spermselle. Die embrio word daarna terug geplaas in jou uterus.

Ek sien dit as jou enigste oplossing omdat jy 'n abnormale siklus ervaar en daar geen daadwerklike behandeling hiervoor is nie.

Die proses is duur, maar goeie sukses word verkry. Konsulteer 'n labaratorium met 'n goeie geskiedenis.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/11/17

Ek het vie die afgelope 3 jaar n probleem. Ek het n oneindige bloeding en met verskriklike groot klonte. Ek het al my saving op dokters spandeer. Maar geen een vind enige fout ni. My bloed is getrek en Lab toe gestuur alles het positive uit gekom. Ek het toe n Gyna gaan raad plek en ook dieselfde antw gekry wat die dokters my gegee het. Ek soek asb raad wat kan ek gebruik on my Hormone weer normal te kry

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement