advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/09/21

Menopause

Hello Dr Anrich, voordat ek by my vragie uitkom, net ook om te sê  dat my skoonmoeder nou al een maand in hospitaal is maar darem hierdie week met radioterapie begin het, soos die onkoloog gesê  het neem ons dit maar van maand tot maand. is maar ''n rowwe tyd vir almal.
Dr, ek nou 49, maar moes reeds in my dertigs TAH en beide ovaria laat verwyder. Ek dus nou in vroee menopouse, maar ek ervaar nog geen warm gloede ens en gebruik geen hvt, is dit nadelig vir my? die feit dat ek bostaande so vroeg gehad het, kan dit die rede wees vir my erge osteoartrose in my kniee? Weereens dankie vir u opinie, word baie waardeer en moet ek ginekoloog nog besoek, was jare laas by een. Groete!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Jy moet nog steeds 'n ginekoloog vir 'n ondersoek konsulteer, aangesien daar soms selle kan oorbly en servikale kanker kan ontstaan. Ek stel voor dat jy 'n endokrinoloog besoek omdat jy 'n hoe risiko vir die vroee ontwikkeling van osteoperose het.

Sterkte met jou skoonmoeder.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement