advertisement
Question
Posted by: Carla | 2010-05-07

Melk voor narkose

My seuntjie van 6 maande het nou die 2de keer in ''n maand oorontsteking. Dr. het gesê  ek moet hom oor 5 weke ENT toe vat dat hulle kyk of die vog en drukking verminder het en of hy grommets moet kry. As hy wel moet kry en hy die oggend in teater opgeneem word en narkose kry, hoe maak ''''n mens nou met sy melkdrinkery deur die aand en oggend? Ek kan tog mos nou nie dat hy nié  melk drink nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Beste Carla

Narkose word toegedien aan neonate van enkele ure oud, en gelukkig kan mens effe anders te werk gaan met voedings by babas. Algemene riglyne is as volg:
1.Laaste melkvoeding 6 uur voor prosedure (formule melk), ook laaste vaste voeding
2.Laaste borsmelkvoeding 4 uur voor prosedure
3.Helder vloeistof tot 2 uur voor prosedure (bv verdunde appelsap, ens)

Hierdie is riglyne, en u moet bevestig met die nodige narkotiseur of hy/sy tevrede is met die voorstel, aangesien die narkotiseur die riglyne daarstel. Indien dus nodig, kontak die betrokke praktyk wat deur jou ONK
gebruik word om jou vrae te bevestig/beantwoord.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement