advertisement
Question
Posted by: Appel | 2011/01/06

melk porsie

Ek het hierdie week by Weigh-less aangesluit en moet 20kg verloor. Ek is insulien weerstandig, so ek is op die ''carb control'' formule waar ek minder stysels kan eet, maar wel ekstra melk en vet porsies kan kry. Ek drink egter glad nie melk nie, en is ook nie lief vir jogurt nie. Met wat kan ek melk/jogurt vervang sodat ek my volle formule kan eet en nie honger ly nie? Ek het gedog ek kan maaskaas eet, maar volgens weigh-less tel dit as ''n protein. Enige idees vir ''n melk of vet porsie sal waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Appel
Ek sal aanraai dat jy eerstens jou Weigh-Less raadgewer skakel om by haar/hom uit te vind watter kosse hulle wil hê jy moet gebruik as jy nie melk of jogurt eet nie, aangesien hulle seker 'n protokol het vir lede soos jy. Streng gesproke word vetvrye melk, jogurt en maaskaas gebruik as ekwivalente. Jy sal dus miskien 'n ander proteïen moet gebruik pleks van die maaskaas en die maaskaas moet aanwend in die plek van die melk porsies. Die insluiting van suiwelprodukte in 'n verslankingsdieet is om te verseker dat verslankers genoeg kalsium inneem om osteoporose en bros bene )“Brittle bones”) te voorkom, asook om verslanking aan te help. Navorsing het aangedui dat die inname van hëe-kalsium kosse soos melk, jogurt en maaskaas die verslankingsproses bevorder. As jy altyd melk en suiwelprodukte vermy dan moet jy liefs 'n kalsiumaanvulling soos MenaCal.7 drink om te verseker dat jy nie 'n gebrek ontwikkel nie, aangesien melk en suiwelprodukte die beste bron van hoogs biobeskikbare kalsium in die menslike dieet is.
Maar gesels gerus met jou Weigh-Less raadgewer aangesien jy tog vir sulke raad betaal het.
Voorspoed met die verslanking
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/01/07

Beste Appel
Ek sal aanraai dat jy eerstens jou Weigh-Less raadgewer skakel om by haar/hom uit te vind watter kosse hulle wil hê jy moet gebruik as jy nie melk of jogurt eet nie, aangesien hulle seker 'n protokol het vir lede soos jy. Streng gesproke word vetvrye melk, jogurt en maaskaas gebruik as ekwivalente. Jy sal dus miskien 'n ander proteïen moet gebruik pleks van die maaskaas en die maaskaas moet aanwend in die plek van die melk porsies. Die insluiting van suiwelprodukte in 'n verslankingsdieet is om te verseker dat verslankers genoeg kalsium inneem om osteoporose en bros bene )“Brittle bones”) te voorkom, asook om verslanking aan te help. Navorsing het aangedui dat die inname van hëe-kalsium kosse soos melk, jogurt en maaskaas die verslankingsproses bevorder. As jy altyd melk en suiwelprodukte vermy dan moet jy liefs 'n kalsiumaanvulling soos MenaCal.7 drink om te verseker dat jy nie 'n gebrek ontwikkel nie, aangesien melk en suiwelprodukte die beste bron van hoogs biobeskikbare kalsium in die menslike dieet is.
Maar gesels gerus met jou Weigh-Less raadgewer aangesien jy tog vir sulke raad betaal het.
Voorspoed met die verslanking
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.