advertisement
Question
Posted by: LM | 2010-03-08

MELK EN LAE GI DIEET/LAE CARB DIEET

Hi Doc, ek volg n lae GI dieet. Ek beheer my Carbs, het meeste stysel uitgesny. In plaas van Brood eet ek 2 WASA crackers Fibre een, bevat 23%Bran, 24% Fiber en 70% wholegrain. Is 2 van die crackers lae Gi (carbs per cracker 5% en dietry fibre 2.5% per cracker). My insulien vlak wissel hier tussen 8 en 13, ek het vanoggend weer toetse laat doen (wag vir die uitslae). eINDE nOV WAS DIT 8. Ek oefen 2-3 keer per week in gym met gewigte. Stap af en toe. Ek is baie bedrywig.Ek drink 2 liters water/vloeistof in totaal. Ek probeer 2 keer per dag Rooibos tee drink. Ek verloor baie stadig maar kan sien my vorm is besig om te verander. Ek hou daarvan om een maal per dag vroeg oggend Ricoffy Mild te drink gebruik in plaas van water 250ml Lae vet melk, gaan dit my insulien en gewigs verlies beiinvloed. Ek eet verder heelwat groente en slaai en 1-2 vrugte per dag. Ek het die dieet in die huisgenoot gelees, dit maak sin maar ek sien nie kans om dit te volg nie, ek voel my suikervlakke is onder beheer het baie energie en geen cravings nie. Hoop u kan raad gee asb. dankie, Groet en geniet die aand

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste LM
As jy aan insulienweerstandigheid of diabetes ly dan is dit absoluut essensieel dat jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, want as jou insulienvlakke tussen 8 en 13 wissel dan is dit nie goed onder beheer nie. Dit is ook verkeerd om te dink dat jy alle stysels moet uitsny omdat jy op 'n lae-GI dieet is. Die dieetkundige sal vir jou verduidelik hoeveel en wanneer jy stysels kan gebruik en in watter hoeveelhede. Ek sal nie kan oordeel of daardie 'WASA Crackers' wel 'n lae GI het, al dan nie, want dit word nie in die handboek van die ‘GI Foundation’ gelys nie, en ander hoë-vesel kosse soos volgraanbrood het 'n hoë GI. Dit is dus gebiedend dat jy 'n dieetkundige spreek sodat julle al hierdie aspekte kan uitpluis. Die oefening is goed want alle oefening, maar veral kardio-oefening, soos flink stap, swem, fietsry, en touspring help om bloedsuikervlakke en insulien te stabiliseer.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-03-08

Beste LM
As jy aan insulienweerstandigheid of diabetes ly dan is dit absoluut essensieel dat jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, want as jou insulienvlakke tussen 8 en 13 wissel dan is dit nie goed onder beheer nie. Dit is ook verkeerd om te dink dat jy alle stysels moet uitsny omdat jy op 'n lae-GI dieet is. Die dieetkundige sal vir jou verduidelik hoeveel en wanneer jy stysels kan gebruik en in watter hoeveelhede. Ek sal nie kan oordeel of daardie 'WASA Crackers' wel 'n lae GI het, al dan nie, want dit word nie in die handboek van die ‘GI Foundation’ gelys nie, en ander hoë-vesel kosse soos volgraanbrood het 'n hoë GI. Dit is dus gebiedend dat jy 'n dieetkundige spreek sodat julle al hierdie aspekte kan uitpluis. Die oefening is goed want alle oefening, maar veral kardio-oefening, soos flink stap, swem, fietsry, en touspring help om bloedsuikervlakke en insulien te stabiliseer.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement