advertisement
Question
Posted by: worsie | 2009/06/29

Meer energie in die winter?

Hallo DietDoc,
Het die menslike liggaam meer energie nodig om homself warm te maak (in die winter) of om homself af te koel (somer)? Gebruik die liggaam gedurende hierdie tyd opgegaarde energie (vet) of verhoog ' n mens se eetlus en lus vir soetgoed maar net?

Vriendelike groete.
ps (Wens ek was een van daai bere wat elke jaar hiberneer)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worsie
Ja nee, ek stem saam oor die bere wat hiberneer - dis so koud in hierdie geweste dat ek graag ook sou wegkruip in 'n warm grot en slaap. Mens het meer energie nodig in die winter, veral as dit baie koud is. Die mens het egter tot so 'n mate sy omgewing verander met klere, verwarming, huise, ens, dat ons nie meer regtig baie ekstra energie nodig het nie. Wat egter wel gebeur is dat die koue weer en die kort dae (minder sonlig, ens) ons liggame stimuleer om meer te eet en meer vet op te gaar. Dus moet mens mooi bewus wees hiervan en nie te veel eet in die winter nie, want dan sit jy weer met die probleme van ekstra gewig in die somer.
Eet dus matig en probeer ten spyte van die koue nog te oefen (miskien binnenshuis met touspring, pleks van om jou buite te waag).
Hou moed tot die lente!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement