advertisement
Question
Posted by: Tamy | 2011/09/01

Medisyne

Ek wil net graag iets uitvind waar oor ek wonder toe ek swanger was is my kind op 7mnde gebore die dr het vir my kalmeer middels en epilesie medisyne gegee kort voor sy gebore is hoekom sou hul dit doen as ek nie aan epilepsie ly nie watse nagevolge kan dit hê  vir my kind ens sy is vandag serebraal gestremd en ander dr''s vermoed die medisyne kon dit aangehelp het of iets is dit moontlik ? Ek wil weet hoekom gee hul sulke medisyne waar voor als? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tamy

Ek stel voor dat jy 'n ginekoloog en internis vir 'n opinie konsulteer. Indien nodig, kan hulle jou van 'n medies geregtelike verslag voorsien. Ek is glad nie seker waarom hierdie medikasie aan jou voorgeskryf was nie en of dit 'n invloed op jou swangerskap gehad het nie.

Jy moet ook 'n pediater konsulteer om uit te vind wat die rede vir jou dogter se serebraal gestremdheid is. Die oorsaak van serebraal gestremdheid kan wees as gevolg van premature geboorte, negatiewe effekte van die gebruik van medikasie gedurende 'n swangerskap, geen afwykings, suurstof tekort met geboorte, infeksies voor, met en na geboorte, alkohol en middel misbruik ens.

Dit is belangrik om so veel as moontlik opinies by spesialiste in te win voor daar enige besluite geneem word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement