advertisement
Question
Posted by: Wanya | 2010-09-13

Medikasie, spysvertering en spiere

Kan Espiride ''''n mens se maag laat werk? Wat doen dit presies aan die spysverteringstelsel? Ek kom agter na 3 dae bly my maag kort kort werk, maar nie ernstig nie, en daar is heeltyd iets aan die gang in my maag, dit voel amper soos borrels. Dit het begin nadat ek die medikasie begin gebruik het. Verder voel ek goed, ek kan voel dit werk, dis net my maag wat nou bietjie snaaks is. Kan dit die Espiride wees? My spiere spring ook verskriklik, maar dis nie meer so seer soos wat dit was nie. (Die Espiride is voorgeskryf vir my vir angstigheid en diep spierpyn). Nou is dit net vreemd vir my dat noudat my spiere nie meer so pynlik seer is nie, hulle nou die heel dag kort kort spring. Voor ek die Espiride begin gebruik het, het my spiere wel ook partymaal gespring maar dit was nie naastenby soos nou nie. Die spiere in my rug by my blaaie en die aan die agterkant van my bo-arms spring letterlik die hele dag. As dit ''''n newe effek van die medikasie is, sal dit mettertyd beter raak? Die medikasie is slegs vir ''''n maand voorgeskryf.

Groete
Wanya

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wanya
Espiride gee eerder hardlywigheid as diaree - daar is dalk iets anders aan die broei. Probeer bietjie probiotika neem 1 drie keer 'n dag vir 'n paar dae (iets soos Probiflora) Die spiere wat so spring kan 'n newe effek wees en jy mag dalk nodig he om die dosis effens te verminder en dit dan effens langer te gebruik. Bespreek met jou dokter.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-09-13

Hallo Wanya
Espiride gee eerder hardlywigheid as diaree - daar is dalk iets anders aan die broei. Probeer bietjie probiotika neem 1 drie keer 'n dag vir 'n paar dae (iets soos Probiflora) Die spiere wat so spring kan 'n newe effek wees en jy mag dalk nodig he om die dosis effens te verminder en dit dan effens langer te gebruik. Bespreek met jou dokter.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement