advertisement
Question
Posted by: Magda v Krugersdorp | 2010/09/29

Medikasie, oorgewig en lyfseer

Ek is 54 jaar oud en sukkel al vir baie jare met my gewig. Boonop is my lyf altyd seer en styf'' Daar is geen dag wat ek nie in pyn is nie, kan nie altyd besluit of dit spierpyn of die been in my liggaam is nie. Daar is al in die verlede toetse gedoen, maar nooit regtig iets ernstig gekry nie. Ek gebruik Eltroxin .25mg pd, my skildklier is uitgehaal, Adco retic 2xdag, en het altyd Adco simvastatin gebruik wat nou verander is na Atolip40 met Lipanthyl200mg daarmee saam. Nou het ek op die inligtingsblad gelees dat van die newe efekte van Atolip is gewigstoename en spierpyne. Is dit nie dalk al vir die afgelope 10 jaar die probleem dat ek altyd met gewig sukkel en altyd in pyn is nie? Dit is asof die pyn erger word soos ek ouer word en ek wil nie op 60 in n stoel sit nie. Ek hou van tuinwerk en stap, maar is baie keer te seer om dit te doen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Magda
Dit is so dat cholesterol medisyne vir mens seer spiere kan veroorsaak, maar dit sal nie sommer seer gewrigte en styfheid veroorsaak nie. Die simptome kan veroorsaak word deur arthritis of jig. Word jou bloed gereeld getoets om te kyk of jou Eltroxin genoeg is (met TSH of skildklier bloed toetse?) Jy kan ook 'n rheumatoloog gaan sien om te kyk of jy onderliggende gewrigsiekte of fibromialgie het.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Hester van Kriel Mpumalanga | 2015/06/09

Ek is nou 52 en die dokter het my op Atolip 10 gesit ek is baie aktief loop en doen oefening het nog nooit enige gewrigs pyne gehad of kroniese lyf seer nie. Van dat ek op die medikasie is het ek daardie probleme en nog swel my hande in die aand ook as veral die linkerkant dit lyk soos 'n poffertjie en dit is net vandat ek die medikasie begin gebruik het.

Reply to Hester van Kriel Mpumalanga
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/29

Hallo Magda
Dit is so dat cholesterol medisyne vir mens seer spiere kan veroorsaak, maar dit sal nie sommer seer gewrigte en styfheid veroorsaak nie. Die simptome kan veroorsaak word deur arthritis of jig. Word jou bloed gereeld getoets om te kyk of jou Eltroxin genoeg is (met TSH of skildklier bloed toetse?) Jy kan ook 'n rheumatoloog gaan sien om te kyk of jy onderliggende gewrigsiekte of fibromialgie het.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement