advertisement
Question
Posted by: insulien weerstandigheid | 2009/12/12

medikasie nodig?

Beste dokter,
EK tel ongelooflik baie gewig op, al probeer ek reg eet (low GI, vars groente, vrugte, water, alles) maar geen sukses met die gewig. My dokter het na talle bloedtoetse oa vir skildklier gevind dat ek insulien weerstandig is. Hy het gese dat hy nie medikasie voorskryf nie, aangesien ek dit met my dieet moet beheer. Nou wil ek weet, nog steeds tel ek net gewig op. Ek lees opdie rubriek van glucophage-pille. Sal dit nie dalk help nie, en moet ek my dokter dalk daarvoor vra, of gaan dit nie help met gewigsverlies in die geval van insulienwerstandigheid nie?
Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Glucophage word voorgeskryf in die geval waar 'n persoon nie-insulien afhanklike diabetes melitus het om sodoende die persoon se bloedsuiker te beheer.

Ek stel voor dat jy eerstens 'n dieetkundige konsulteer om 'n optimale dieet uit te werk. Pynappel, spinasie, broccoli, asynsuur, mushrooms, rockerford-slaai ens. help met gewigsverlies. Die belangrikste is wel om die oortollige energie te verbrand. Dit wil se wat ingeneem word, moet verbrand word deur middel van oefening. Jy kan daarom 'n bio-kinetikus vir 'n hoe impak oefen program konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement