advertisement
Question
Posted by: Brainiac | 2010/10/29

Matters of the mind

Goeie dag?

Ek het gesoek vir ''n neuro expert maar kon nie een kry hier nie. Daarom vra ek u, want miskien kan u help.

My pa, aangenome, het my as kind as straf in die nek geslaan. Daar waar die skedel klaarmaak en die ruggraat begin. Keer op keer. Soms sommer 10 houe op ''n slag. Hard.

Ek het bipolar en kan bitter min onthou van selfs ''n paar minute terug. Watse soort skade kon hy aanrig? Ek is ''n vrou van 36, wit, is getroud en het ''n 6 jarige kind.

Dit klink dalk vreemd, maar ek dink tog daar is skade. Of verbeel ek my dit? Kan excessive lyfstraf en mental abuse (en seksuele tystering) as kind breinskade meebring?

Ek voel net nie reg nie. Dink nie soos ander mense nie. Kan nie ''n gesprek hou nie. Kan nie dink nie en kan nie onthou nie. Is daar iets wat ek kan doen om dit reg te maak?

Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit wat jy beskryf, behoort geen kind deur te gaan nie en sal beslis sielkundige skade los wat jou simptome verduidelik. Ek stel voor dat jy 'n dokter vir 'n ondersoek konsulteer om vas te stel of daar enige permanente fisiese skade as gevolg van die mishandeling is. Jy moet ook 'n psigiater vir 'n ondersoek en diagnose konsulteer. 'n Psigiater kan vir jou medikasie voorskryf wat 'n groot verskil in jou lewe sal maak.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement