advertisement
Question
Posted by: Jenny | 2009/09/15

Masels veroorsaak seer arm?

Hallou Dr. Breedt

Ek het ' n ruk terug vreeslik pyn in my linker arm gehad (so erg dat ek amper glad nie my arm kon beweeg nie). Dit het gevoel asof my arm half lam was. Ek het ook ' n rooi kol op my rug gekry (dit het amper soos ' n groot omloop gelyk). Toe ek na my dokter toe gegaan het, het hy gesê  dis dieselfde virus wat masels veroorsaak wat nou in my rugmurg beland het. Dit het nie veel sin gemaak nie en ek sal graag wil weet wat hierdie virus genoem word, want ek wil meer oor dit uitvind. Die medisyne wat hy voorgeskryf het, het my gesond gemaak... maar ek is nogsteeds nuuskierig.

Net ietsie anders wat ek oor wonder... ' n Man wat saam my werk het gister oggend opgestaan met die een helfde van sy gesig heeltemal verlam. Hy was die vorige dag gesond en hy het gedink dat hy dalk ' n beroerte gehad het terwyl hy geslaap het. Hy was dokter toe en dit is glo ook een-of-ander virus wat dit veroorsaak het. Watse virus is dit en is dit aansteeklik?

Jenny.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenny
Ek dink jy het dalk gordelroos gehad - die virus wat waterpokkies veroorsaak gaan sit in die senuwee wortel en is sluimerend daar en as jou gestel af is, slaan dit dan uit met 'n blasie-agtige uitslag en pyn in die area wat deur die senuwee voorsien word.

Die man by jou werk het waarskynlik Bell's verlamming - enige virus infeksie in die oor gebied wat die gesigsenuwee aantas kan dit veroorsaak. Dit is nie aansteeklik nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Jenny | 2009/09/15

Masels veroorsaak seer arm?

Ja, ek was nie mooi seker of die dokter gesê  het dis waterpokkies of masels nie (dit was ' n hele rukkie terug). Tenminste weet ek nou dis Gordelroos en ek kan nou meer oor dit uitvind. Dankie vir die raad.

Goed gaan!
Jenny

Reply to Jenny

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement