advertisement
Question
Posted by: Blom | 2009/09/02

Masels by 16jarige

My seun is 16 en het Masels, ek wil weet of daar enige newe effekte kan wees, ek het hom verbiet om te bad hy mag slegs afvee met ' n lappie en mag ook nie lank tv kyk nie. Hyt ongelooflike koors die afgelope 4dae en gooi ook vreeslik op. Hy slaap meestal van die dag dus pla die lig hom nie baie nie hy sit ook meeste van die tyd in ' n taamlike donker vertrek maar kla sy oe is seer - dis ook bloedrooi.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Blom
Hy mag maar bad of stort, maar moet in die badkamer weer warm aantrek dat hy nie koue vang nie. Dit sal veral help as hy erg koorsig is en bad of stort met normale liggaams temperatuur (louwarm) water. Gevare op die ouderdom is pneumonie (longontsteking) - ou mense het gepraat van die masels slaan binne toe - en ook brein ontsteking. Hou hom dus fyn dop vir benoudheid en hoes, en ook erge hoofpyn, nekstyfheid met naarheid of deurmekaarheid. As hy hierdie simptome het moet jy hom liewer dokter toe neem vir opname in die hospitaal. Jy kan maar 6 uurliks iets soos 2 Mypaid kapsules gee vir koors as hy nie vir dit allergies is nie. Die rooi oë is te verwagte, hulle kry 'n tipe konjunktivitis van die masels virus.
Laat weet my hoe dit met hom gaan
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Blom | 2009/09/16

Baie dankie vir die raad, ons het maar van die bad af weggebly maar darem is hy nou gesond - sy vel het nog merkies niks ernstigs nie en sy sig is normaal. Dankie weereens vir die raad

Reply to Blom

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement