advertisement
Question
Posted by: anna | 2008/10/03

maria / t

selfmoord is nie die antwoord nie so hoe kry ek my man terug hoe oorreed ek hom om ons nog ' n kans te gee

wat moet ek doen en wat moet ek se

help asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I entirely agree with maria

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: anna | 2008/10/03

dankie maria

ek voel nou sommer beter nou dat ek met iemand gepraat het

en ek sal verseker ' n plan maak om met iemand te gaan praat.

baie dankie jy is ' n sterretjie wat in my donker nag skyn

Jy is wonderlik

Reply to anna
Posted by: Maria | 2008/10/03

Jou man moet sy oe oopmaak en begin besef hy verdien jou nie eintlik nie. Jy hoef glad nie minderwaardig te voel nie, dit klink vir jy jy bring jou kant dubbel en dwars.

Reply to Maria
Posted by: anna | 2008/10/03

baie dankie maria

ek is seker jy is ' n wonderlike mens en maak ' n wonderlike verindin

ek werk ook en ek werk verder van die huis af dus loop ek vroer in die oggende en kom eers na hom by die huis

hy gooi die gereeld voor my kop as hy dalk moet kosmaak maar wanneer ek die doen dan vat hy oor want hy maak lekkerder kos

hy kan die melk en die kaas gebuik en buite los maar as ek die doen dan word daar gese dit kos geld en dat ek geld mors.

as ek dalk aan die einde van die maand vas brand met brandstof dan vra ek hom vir geld dan word daar gese ek gebruik hom maar soos hierdie maand het hy geen oortyd gewerk nie en geld gekort vir al sy skuld toe moet ek maar geld oorplaas in sy rekening want hy kan nie bekostig dat die goed hop nie en hy betaal die rent en sorg vir kos en als(party maande is daar skaars iets in die huis maar daarvan moet ek vir hom ' n 5ster ete maak want as hy van niks iets lekkers kan maar kan ek ook maar ek is nie so bobaas kok soos hy nie ( hy maak regtig lekker kos) o en hy betaal my kar st versekering


ek betaal die krag en koop deur die maand brood en vas groente en vrugte (hy eet nie vrugte nie dus volgens hom sorg ek net vir myself)

ek begin nou juis volgende week by ' n ander werk wat meer geld aan bied om meer te probeer byddra

Reply to anna
Posted by: Maria | 2008/10/03

Wie se dis alles ' n vrou se werk? In ons ouma' s se tyd dalk, maar nie meer nie. Hierdie tipe goed moet tussen man en vrou onderhandel word sodat elkeen ' n regverdige bydrae lewer.

Ek en my man werk albei voldag. (Vandag is ek by die huis om te studeer vir ' n eksamen.) Hy maak feitlik altyd aandete en was skottelgoed. Ek doen wasgoed, sorg dat ons dogtertjie gebad, aangetrek ens. is, voer die troeteldiere en maak seker ons het toiletware. Ons deel verantwoordelikheid vir die aankoop van kruideniersware. Saterdae het ons ' n huishulp wat skoonmaak. Wanneer sy op vakansie is, maak ons albei skoon. Wanneer een van ons vasdraai met dit wat ons moet doen, help ons mekaar.

Ek weet nie wat jou situasie is nie. As jy nie werk nie, dalk ' n bly-by-die-huis mamma is, is dit in my opinie regverdig dat jy ' n groter deel van die huiswerk behartig. Maar nie alles nie, hoekom moet jy?

Dis ok as ' n vrou alles doen en tevrede is daarmee. Maar in vandag se dae is dit nie nodig nie. Ek dink die probleem is dat jy en jou man nie ' n werkbare ooreenkoms het nie. Julle volg waarskynlik die voorbeeld wat jou ouers gestel het?

Weer eens, gaan vir berading. ' n Mens groei en ontwikkel jou hele lewe lank, jy leer nuwe dinge, jy verander... en soms vind jy dat jy nou met nuwe oe na die wereld kyk en dit maak die mense rondom jou ongemaklik. Jy mag maar hulp vra, daar is niks mee verkeerd nie.

Reply to Maria
Posted by: anna | 2008/10/03

maar dis dan ' n vrou se werk om die huis skooon te maak kos te maak en klere te was netjies te wees nie ' n man sin nie

en ek doen nie al die goed nie so hy het seker rede om my so te behandle en dit vavir my te se .

en ek moet na myself kyk en as ek dit doen sal ek nie gewig optel nie

Reply to anna
Posted by: Maria | 2008/10/03

Anna, jy is sy vrou, nie sy slaaf nie. Is sy hande gebreklik dat hy nie sy eie koffie kan maak nie? Maak hy ooit vir jou koffie? En regtig, ' n paar ekstra kg hier of daar moenie soveel verskil aan ' n man maak nie. Klink my hy soek ' n rede om jou af te kraak. Ek kan maar net weer herhaal: Gaan sien ' n berader of sielkundige wat jou kan help om jou selfbeeld op te bou, dan sal jy ook jou huwelik beter kan hanteer. Dit gaan ook nodig wees dat julle saam iemand sien sodat julle met leiding kan praat oor die dinge wat hom pla en jou pla.

Reply to Maria
Posted by: anna | 2008/10/03

dankie maria.

wel oor my gewigs probleem hoe kan ek se as jy my sien sal jy dink ek is normaal nie vet nie maar my man het ' n probleem met vet en vet mense ek is 1.6 en weeg nou 70kg so einde julie het ek nog 65kg geweeg(dieselfde as toe ons 2 jaar terug gertoud is) ek was siek in augustus en daar het ek skierlik in ' n maand se tyd 8kg opgetel.

hy vergelyk my altyd met ander mense en as dit by die gewig storie kom altyd ment een van sy vriendinne (hy het voor ons mekaar ontmoet het ' n skelm verhouding met haar gehad toe hy nog in ' n ander verhouding was en hulle is nogsteeds vriende) en se altyd sy het ook so gelyk tot sy iets begin doen het .

ons het ' n probleem in id famielie van bo bene en ek het al als getry my bo-bene bly dik.

ek probeer regtig hard om mooi te lyk ek sny my hare 1 keer ' n maand dra grimeering koop mooi topies en goed maar dit voel net of hy my nie meer raak sien nie Ek kan met die sexyste nag klere in die bed klim dan draai hy nogsteeds sy rug op my en se myu " timeing is uit" 

En volgens hom is ek altyd mislik en op my perdjie en hy besluit wanneer ek my gat gewip het (al het ek nnie) en wat ek gaan se en my stemtoon is altyd verkeerd

Ek is altyd die oorsaak as ons baklei dan se hy ek gedra my soos ' n kind en ek moet grood word. maar hy behandel my asof ek ' n kind is daar is wel ' n 8 jaar verskil tussen ons en dit is seker ook my skuld

ek probeer so veel as moontlik gesond eet en oefening doen.
ok ek moet erken ek is ' n bietjie lei en maak nie altyd kos en koffie as hy dit vra nie en hy verwag dit van my dan se hy ek gee nie genoeg om nie of ek warry nie oor hom nie

wat kan ek doen om te verander beter te praat beter op te tree

Reply to anna
Posted by: Maria | 2008/10/03

En ook... as jy voel jy skeep jou fisiese versorging af omdat jy sleg voel oor jouself, werk bietjie daaraan. Laat sny jou hare, trek netjies aan, sit bietjie grimering aan. Al daardie klein dingetjies werk saam aan jou groter prentjie van jouself.

Reply to Maria
Posted by: Maria | 2008/10/03

Anna, ek stuur vir jou ' n groot internetdrukkie. :)

Ok. Dis ' n baie moeilike vraag om te antwoord omdat ons nie genoeg van jou omstandighede weet nie. Kan jy dit ' n rukkie uitstel om vir hom enigiets te se? Werk eers aan jouself, en aan jou plan.

Kan jy FAMSA of Lifeline skakel en met iemand gesels? Hulle kan jou ook verwys na ' n terapeut in jou omgewing wat jou kan help. Of vra jou dokter. Ek weet nie wat jou finansiele posisie is nie, maar FAMSA verskaf berading volgens dit wat jy kan bekostig. ' n Privaat sielkundige sal jou kan help beide met jou huweliksprobleme en jou selfbeeld. Is jou gewig ' n mediese probleem? Of ooreet jy weens stres en ongelukkigheid. (Ons vroumense doen dit mos, ek ook.) As dit dalk ' n mediese probleem is, of jy weet nie, kry behandeling daarvoor. As dit nie ' n fisiese probleem is nie, praat met ' n dieetkundige en sielkundige.

Dit klink nie vir my of jou man nou op hierdie stadium bereid gaan wees om saam met jou vir huweliksberading te gaan nie. Ek mag verkeerd wees, jy sal moet oordeel. Dis waarom ek se werk eers bietjie aan jouself, bou jou selfbeeld, wees die vrou wat jy graag wil wees. As hy begin raaksien dinge is anders, dan kan julle praat.

Onthou een treetjie op ' n slag. Jy hoef nie alles gelyk te doen nie.

Voorspoed.

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement