advertisement
Question
Posted by: Wanda | 2012-03-14

Mantelvliesbreuk en galstene

Diet Doc

Ek google myself blou! Ek het ''''n mantevlies breuk, snytjies op my maag wand en 2 galstene. Ek het vandag uitgevind. Ek het so 2 maande terug baie pyn gehad agv die stene. Ek sukkel om uit te vind wat ek kan en nie kan eet nie. Dit blyk sommige goed kan nie geeet word met die breuk maar is reg vir galstene. Ek gaan nie nou al opt vir operasies nie. Wag en kyk game speel. -) Wil egter reg eet.. Kan Doc dalk help?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Wanda
Dit is nou nie lekker nie - om 'n mantelvliesbreuk en sere op jou maag en 2 galstene te hê, is net te veel. Wat al 3 toestande aanbetref, sal dit help om jou vetinname te beperk. Ek vertrou dat jy wel medikasies by die dr gekry het wat jou slukderm sal verslap en die maagswere sal beheer? Indien nie, gaan terug en vra vir die aangewese medikasies aangesien dit jou pyn sal verminder en die hantering van die toestande sal verbeter tot tyd en wyl dat jy ten minste jou galstene laat verwyder. Deesdae kan die dr dit meestal stukkend skiet met ‘n laser sodat jy nie 'n groot operasie hoef te ondergaan nie. Die kleiner stene kan dan self uit die liggaam beweeg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's Articles' en soek die artikel oor 'GASTRO-OESOPHAGEAL REFLUX DISEASE (GORD) & DIET'. Baie van die wenke in hierdie artikel is direk van toepassing op pasiënte wat met 'n mantelvliesbreuk sukkel. Terwyl jy op die DietDoc deel van die Webwerf is, kan jy ook ‘n soektog vir die artikel' Diet in Gallbladder Disease' doen, vir wenke om jou vetinname te verlaag. Indien jy vind dat jy sukkel om hierdie soort diëte toe te pas, sal ek sterk aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir jou 3 probleme.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ipieters | 2012-05-11

Hi dokter

Ek is 21 jaar oud en kry so nou en dan pyne bokant my naeltjie. Dit voel of my hele maag inkramp en dan gaan die pyn na my ribbes en agter my blaaie en nek toe. Ek kan nie agter kom of dit iets is wat ek eeet nie of wat dit is nie. Dit voel of my hele liggaam ineen trek.Soms is dit baie erg soms net liggies. Kan u asb help!?

Reply to Ipieters
Posted by: DietDoc | 2012-03-14

Beste Wanda
Dit is nou nie lekker nie - om 'n mantelvliesbreuk en sere op jou maag en 2 galstene te hê, is net te veel. Wat al 3 toestande aanbetref, sal dit help om jou vetinname te beperk. Ek vertrou dat jy wel medikasies by die dr gekry het wat jou slukderm sal verslap en die maagswere sal beheer? Indien nie, gaan terug en vra vir die aangewese medikasies aangesien dit jou pyn sal verminder en die hantering van die toestande sal verbeter tot tyd en wyl dat jy ten minste jou galstene laat verwyder. Deesdae kan die dr dit meestal stukkend skiet met ‘n laser sodat jy nie 'n groot operasie hoef te ondergaan nie. Die kleiner stene kan dan self uit die liggaam beweeg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's Articles' en soek die artikel oor 'GASTRO-OESOPHAGEAL REFLUX DISEASE (GORD) & DIET'. Baie van die wenke in hierdie artikel is direk van toepassing op pasiënte wat met 'n mantelvliesbreuk sukkel. Terwyl jy op die DietDoc deel van die Webwerf is, kan jy ook ‘n soektog vir die artikel' Diet in Gallbladder Disease' doen, vir wenke om jou vetinname te verlaag. Indien jy vind dat jy sukkel om hierdie soort diëte toe te pas, sal ek sterk aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir jou 3 probleme.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.