advertisement
Question
Posted by: Susan | 2012/06/18

Mantelvlies Breuk operasie

Goeie dag,
Ek het so vyf weke terug ''n mantelvlies operasie ondergaan, ek het net gewonder of daar nie dalk ''n tipe van kos idees is van wat ek kan eet nie, ek weet hulle het vir my gesê  ek moenie gasvormde kosse eet nie, maar vind tog as ek partykeer iets eet dat ek ongemaklik, en naar voel. Kan jy my asb help ek het nie ''n idee van ''n gesonde eetplan vir my en my gesin nie. Iets wat ons almal sommer kan geniet. Email asb vir my want ek kan nie heeltyd op die site bly nie en dan weet ek ook nie waar om die antwoord te soek nie. Baie dankie Susan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Ek kan ongelukkig nie vir my Lesers e-pos stuur nie - dit sal beteken ek sal nie my werk sal kan doen nie. Die antwoord op jou vraag sal op hierdie deel van die Webwerf verskyn. Kosse wat gasvormend is, sluit in: die hele kool-familie (kopkool, blomkool, Brusselse spruite, broccoli); alle soorte uie, veral as dit rou is; kosse wat baie vet bevat en/of skerp speserye; gaskoeldranke; alle peulgroente (d.i. gaar en/of geblikte erte, bone, lensies en soja, en enige disse wat daarmee gemaak word); oormatige tee of koffie; enige soort alkohol; groot maaltye (dit is wenslik om liewer 6 kleiner maaltye te eet pleks van 3 groter maaltye). Dan reageer sommige persone ook op spesifieke kosse soos soetrissies of knoffel. Dit sal raadsaam wees om 'n kos-dagboek te hou en aan te teken wat jy eet en watter kosse of drankie ongemak veroorsaak. Indien dit vir jou moeilik is, sal ek aanraai dat jy ook 'n geregistreerde dieetkundige behoort te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige jou voedselinname evalueer om te sorg dat jy nie kosse inneem wat ongemak veroorsaak nie, maar tog nog gebalanseerd is. Noem dan ook vir die dieetkundige dat jy 'n gebalanseerde dieet vir die hele gesin nodig het.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Rozelle | 2013/08/26

hi daar ek wil net graag weet wat kos n mantelvliesbreuk operasie +-? ek is moeg vir die pyn elke dag en wil graag weer nog n kind he. groete Rozelle

Reply to Rozelle
Posted by: Eugene.Davids | 2012/07/25

Na ete voel voel ek opgeblaas.Insekere gevalle pyn op my bors.branderige keel vir die afgelope 14 maande.

Reply to Eugene.Davids
Posted by: lisle | 2012/07/06

Ek soek raad.wat kan ek gebruik en nie operasie

Reply to lisle
Posted by: DietDoc | 2012/06/18

Beste Susan
Ek kan ongelukkig nie vir my Lesers e-pos stuur nie - dit sal beteken ek sal nie my werk sal kan doen nie. Die antwoord op jou vraag sal op hierdie deel van die Webwerf verskyn. Kosse wat gasvormend is, sluit in: die hele kool-familie (kopkool, blomkool, Brusselse spruite, broccoli); alle soorte uie, veral as dit rou is; kosse wat baie vet bevat en/of skerp speserye; gaskoeldranke; alle peulgroente (d.i. gaar en/of geblikte erte, bone, lensies en soja, en enige disse wat daarmee gemaak word); oormatige tee of koffie; enige soort alkohol; groot maaltye (dit is wenslik om liewer 6 kleiner maaltye te eet pleks van 3 groter maaltye). Dan reageer sommige persone ook op spesifieke kosse soos soetrissies of knoffel. Dit sal raadsaam wees om 'n kos-dagboek te hou en aan te teken wat jy eet en watter kosse of drankie ongemak veroorsaak. Indien dit vir jou moeilik is, sal ek aanraai dat jy ook 'n geregistreerde dieetkundige behoort te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige jou voedselinname evalueer om te sorg dat jy nie kosse inneem wat ongemak veroorsaak nie, maar tog nog gebalanseerd is. Noem dan ook vir die dieetkundige dat jy 'n gebalanseerde dieet vir die hele gesin nodig het.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.