advertisement
Question
Posted by: Nadia Luyke | 2010/01/15

Mantelvlies?

Hi Dokter Bets,

Ek het Bilharzia as kind opgedoen en het Julie 2009 gegaan vir ' n Cystoscopy gegaan en die Biltricide behandeling gebruik. In September 2009 toe begin ek verskriklik pyn in my regter sy kry net onderkant my ribs in lyn met my naeltjie, dit is net wanneer ek erg oefening ding - bv spinnig, fietsry. Dit is ook steeds gevoelig met normale daaglikse aktiwiteite.

Ek het ons buurman vanmiddag daaroor gevra, omrede hy ' n professionele fietsryer is. Hy se dit klink na ' n mantelvlies breuk.

Ek wil by dokter uitvind, of dit moontlik kan wees? Ek het geen simptomes van ' n blindederm wat ontsteek is nie. Die afgelope twee weke is ek en my man ook op die Jumpstart detox program en neem net groente en vrugte vloeistowwe in.

Dit is my eerste Argus waaraan ek gaan deel neem, en moet seker wees van my gesondheid.

Kan dokter my asseblief u opinie gee sodat ek daarop kan reageer.

Baie dankie
Nadia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nadia

Die pyn kan as gevolg van komplikasies van die Bilharzia wees. Ek stel voor dat jou dokter jou vir 'n ultraklank van jou niere stuur. Lees gerus meer oor Bilharzia: http://en.wikipedia.org/wiki/Bilharzia

Letsels in die niere, as gevolg van Bilharzia ontsteking kan jare na infeksie opflikker en simptome van en koors gee.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement