advertisement
Question
Posted by: Lala | 2008/10/30

Mantelvlies

Hi Dok

Ek het laasweek ' n pyn in my linkerbors begin kry wat met elke asemteug seer was. My dr het ekg en borskas plate laat neem. Beide normaal. Ek het Vrydag vir gastroskopie gegaan. Teen daardie tyd was die pyn meer in die middel van my bors. Hy het bevind dat ek gastritis het en ook ' n effense mantelvlies breuk. Ek gebruik Sandoz Omezaprole en het sommer al die volgende dag al beter gevoel. Veral die pyn met die asemhaling en die bedrukte gevoel op my bors het beter geword. Dit sal mð re ' n week wees wat ek die pille drink maar nou ervaar ek nog steeds soos ' n benoude gevoel, amper asof ek nie diep genoeg kan asem haal nie. Ek weet die gastroskopie kyk na my slukderm aan die binnekant. Ek wil weet hoe bepaal hulle as daar iets aan die buitekant verkeerd is? Hoe word dit opgespoor. Na wie kan ek gaan wat spesialiseer in hierdie tipe van goed. Ek het vroeer jare al maagsere gehad maar die simptome was heeltemal anders. Ek het ook die afgelope week ' kuggie maar die apteker dink nie dit het iets met die gastritis te doen nie. Ek drink nou Pholtex daarvoor.

Dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Gastritis en 'n mantelvliesbreuk kan wel 'n hoes veroorsaak ( die kleppie bo maak nie mooi toe nie en die suur stoot op as jy lê, dit kan ook gas maak wat jou longe irriteer) maar die Omezaprole behoort mettertyd 'n verskil te maak. As iets buite die slukderm verkeerd was sou dit op die x/strale opgewys het - alhoewel daar nie juis veel is wat buite kan verkeerd gaan nie. Probeer bietjie Gaviscon neem 3 maal per dag na etes en kyk of dit beter gaan?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement