advertisement
Question
Posted by: S | 2009/03/17

Mangels

Ek het probleme met my mangels sedert 2004. Ek kry onsteking inmy mangels omtrent so tussen 2-3 keer ' n jaar. In 2004 toe ek dit vir die eerste keer gekry het was dit baie erg. Nou as ek voel my keel raak seer en di kliere geswel spuit ek dadelik Andolex in my keel. Die seer keel hou om en by ' n paar dae. Ek is nou 23. Moet ek oorweeg om dit uit te haal of moet ek dit los? Ek hoor van so baie mense wat se dit raak net erger hoe ouer mens word. Ek het my dokter gaan spreek verlede jaar en hy se net dis te gevaarlik om dit uit te haal. Ek is baie bang vir operasies en was nog nooit in ' n hospitaal. Enige raad sal help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo S
Dit is baie moeiliker om mangels ( veral die wat gedurig infeksie kry en nou ook litteken weefsel het) by grootmense uit te haal. Dit moet liewer deur 'n oor neus en keel spesialis gedoen word. Die reel is dat as jy meer as 3 keer per jaar mangelontsteking kry, jy die operasie "verdien" ! Probeer bietjie Tonsilla of Tonsillyte neem elke dag as voorkomende maatreel - mens koop dit oor die toonbank ( homeopatiese middel) Ek gee dit ook vir my kinders as hulle begin seer kele kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement