advertisement
Question
Posted by: baie moeg vrou | 2009-04-20

Man snork

Ek is nou redelik moedeloos en moeg vir my man se snorkery.Ek weetie hoe sommige vroue 30 jaar saam met hul mans kan slaap wat snork nie.Eks besig om v my kop af te gaan.Ons het 2 kleintjies,1.5 en 3.5 jaar oud,en hul hou my ook redelik besig snags.Ek se al lank my man het slaapapnee,hy snork meeste en hardste as hy op sy rug le!Hy stop ook ewe skielik om asem te haal en skrik homself dan semi-wakker met n ruk!Dan slaap hy maar net weer verder.
Hy was by n ONK -spesialis,en die se dat sy slymvliese tussen sy neusegate gebuig is agv ou rugbybeserings,hys 35! en dit veroorsaak sy snorkery en hy kry ook gereeld sinus.n operasietjie kan blykbaar die slymvliese regmaak.Ek het voor my kids gebore is met oorpluisies geslaap,maar kanni nou nie,want dan hoor ek nie as my kiddies huil nie.My man het ook n ruk in die spaarkamer geslaap,terwyl my kiddies nog klein was,my seuntjie by my op bed.Maar ons slaap nou wee in dieslefe bed vir amper n jaar.Die Spesialis het neuspuitgoed gegee wat hom minder laat snork het,maar hy kan ditt tog nie ewig gebruik nie.
Ek werk myself op snags as ek wakker word v snork,en dit raak net erger,want hy draai heeltyd terug op sy rug.Dis noual so dat mys seuntjie ook snags wakker word v d snorkery,want hy roep my dan vra hy wat so maak.So,dit beinvloed 2 mense.

My vraag is:kan skewe sluimvliese werklik veroorsaak dat hy so vreeeslik snork,want dit klink vi my of dit agter in sy keel is,soos tussen sy neus en keelholte waar die snorkery vandaan kom?
Mens dink nie slaap is so belangrik tot jy dit nie meer kry nie,ek voel skoon siek!Dis nie eens so erg gewees soos toe my kinders pap babas was nie,want toe het ek n rede gehad om wakker te word,nou is dit net agv sy snorkery,wat regtig nie nodig is nie.
My man gaan baie onsteld wees as ek vra dat hy wee in ander kamer slaap(hy glo man en vrou moet saam slaap),ek worry nie,dis ter wille v my " sanity" ,en nie te se ek gee minder vir hom om nie.Maar ek dink nie hy sien dit so nie!
Weet u v mense wat al so operasie gehad het en dat die mense ophou snork het??Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

My voorstel is dat u vra die ONK om die operasie te oorweeg. Dit is heeltemal korrek - dikwels kom die geraas van laer af in die lugweg. Indien die operasie nie werk nie, behoort hy by 'n slaaplaboratorium gesien te word. Dan is dit waarskynlik dat hy aan slaapapnee ly, en hulle sal hom daarmee kan help. Die behandeling daarvan is hoogs suksesvol!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement