advertisement
Question
Posted by: Bekommerde vrou | 2009/12/03

Man het ernstige hyper-tension

Hallo Dr.

HELP MY ASB!!

My man was vroeë r vanjaar in die hospitaal opgeneem vir ernstige hoë  bloeddruk. Die dr het vir hom bloeddrukpille voorgeskryf. Afgesien van die waarskuwings wat die dokters aan hom gerig het, het hy maar net met sy lewe aangegaan soos voorheen na hy ontslaan is, ek het al gesmeek en gesoebat dat hy sy leefstyl moet verander en gesonder eet, maar dit val op dowe ore. Hy is veral lief vir baie souterige kos (wat hy juis moet vermy) en sal veral voor die tv gaan lê  met ' n groot sak skyfies en dan gooi hy boonop nog sout-spice daaroor. Hy drink ook sowat 7/8 glase goedkoop drank (cane) wanneer hy van die werk by die huis kom. Dit pla my verskriklik en ek is bang dit veroorsaak die meeste van sy probleme.
Hy is gevaarlik oorgewig en hou nie van oefen / stap nie. Dink u Prolean sal dalk help met sy cravings? Ek wil nie amper R300 betaal en dit werk nie werklik nie? Die apteker het my ook onlangs mee gedeel dat dit sy laaste voorskrif is vir sy bloeddrukpille, hy het sowat 7 pilletjies oor, maar weier om terug te gaan dokter toe, hy sê  hy drink eerder disprins!! Is dit veilig? Ek kan die perd tot by die water bring maar hom nie laat drink nie.
Ek is so vreesbevange hy kry ' n beroete of hartaanval.

Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo bekommerde vrou
Prolean kan efedrien bevat wat sy bloeddruk nog meer kan laat opgaan en ek dink nie dit is die moeite werd om R300 te betaal as hy nie andersins gaan saamwerk nie. Probeer vir hom kruiesout koop en kyk of dit nie help om minder sout in te kry nie. Kyk ook uit vir lae sout skyfies. Bel sy dokter en hoor of hy vir hom 'n herhaal voorskrif sal gee - kyk of jou man bereid sal wees om sy bloeddruk te gaan neem by die apteek.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/12/03

Hallo bekommerde vrou
Prolean kan efedrien bevat wat sy bloeddruk nog meer kan laat opgaan en ek dink nie dit is die moeite werd om R300 te betaal as hy nie andersins gaan saamwerk nie. Probeer vir hom kruiesout koop en kyk of dit nie help om minder sout in te kry nie. Kyk ook uit vir lae sout skyfies. Bel sy dokter en hoor of hy vir hom 'n herhaal voorskrif sal gee - kyk of jou man bereid sal wees om sy bloeddruk te gaan neem by die apteek.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement