advertisement
Question
Posted by: MARISA | 2010/12/06

Man baie lae libido! Help!

Ek is 32 en my man is 34.Ons is nou 14 jaar getroud.In die begin was ons seks lewe goed.Tot en met so paar maande gelede.Ek het agter gekom dat sy seks drang begin afneem het.Ons het gegaan van 2-3 maal plus ñ  week,tot vanaf Oktober 1 keer in 3 weke.En dit is as ek eerste na hom gaan.Hy het eenvoudig nie meer die begeerte vir seks nie.Ek het al gedink die fout lê  by my.Hy het my verseker dat dit nie ek is nie.
Die laaste twee kere het niks gehelp nie.Hy het my op die ou einde met sy hand bevredig.Ek het gisteraand maar weer my trots in my sak gesteek en eerste na hom gegaan.Weer kon ek hom nie bevredig nie.Daar was so te se niks.
Hy sê  dit kom al vir jare dat hy sukkel om my te bevredig.Dinge het net erger begin word.Hy is te skaam om dokter toe te gaan.Is daar dalk iets wat ons kan gebruik om te kyk of dit nie eers help voordat hy maar sy trots in sy sak moet steek en dokter toe gaan nie.Hy gebruik op die oomblik Depramil en Pur-Blocka.Die Depramil het die dokter gesê  gaan sy stop na 6 mnde.Hy gebruik dit nou al ñ  jaar.
Help asseblief voel nutteloos en of dit my skuld is.
PS Jammer vir spelfoute dit keybord is al nat van die trane.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSexologist

Marisa,

Wat jy beskryf is 'n baie algemene verskynsel in verhoudings en in egpare se seks lewe. Die probleem is dat ons nog vasgevang is in skaamte om te praat oor hierdie heel natuurlike deel van menswees en dit verhoed dat ons hulp kry waneer dit nodig is.

Dit is heel moontlik dat jou man erektiele disfunksie het, en heel moontlik as gevolg van sy bloed druk probleem.

Dit sou egter in sy belang wees dat hy wel met sy Dr praat want die medikasie wat heel moontlik sal kan help moet deur 'n dokter voorgeskryf word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/07/23

Ek sukkel om testosteroon gel vir my man te kry

Reply to Anonymous
Posted by: Aha | 2010/12/08

Testosteroon! is te LAAG.

Reply to Aha
Posted by: HT | 2010/12/08

Dit kan ook gebeur dat n mens na 14 jaar by mekaar verby leef, dis kinders, dis werk, dis rekeninge wat betaal moet word en daai WOW gevoel van dag 1 is nie meer daar nie, Probeer uitvind wat doen dit vir hom...Sterkte

Reply to HT
Posted by: jelly | 2010/12/06

Dit kan die pille wees wat hy gebruik,in jou brief meld jy van julle dokter as ''n sy, laat hy gaan na ''n man toe gaan.Hierdie is ''n probleem waarmee duisende mans sukkel, en hy moet nie eers skaam voel daaroor nie, dokters sien daagliks baie mans met dieselfde probleem en dit is nie iets snaaks nie, julle is nog jonk om met die soort van probleem te sukkel. Sterkte

Reply to jelly

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement