advertisement
Question
Posted by: Spokie | 2009-07-15

Mammogram / Blaas probleem

Hi dokter,

Ek het twee vrae vir jou:
1. Waar gaan mens vir ' n mammogram? Moet ek deur ' n dokter verwys word?

2. Ek het twee kinders - na my tweede swangerskap kan ek nie meer knyp nie. Sodra ek naastenby voel ek moet toilet toe gaan, kan ek maar hardloop, want as ek nie dadelik gaan nie, is dit amper ' n geval van broeknatmaak. Wat veroorsaak dit, en kan ek iets doen om dit te verbeter/verander? Dit is bitter ongemaklik - veral as ek bv. uitgaan na ' n winkel of iets soos dit. Daar is nie altyd fasiliteite naby nie.

Hoop dok het vir my raad.

Groete
Spokie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Spokie
Meeste radioloë kan dit doen, jou GP of jou Gyne kan jou verwys.
Wat die uriene lek betref, jy het dalk druklek (mense praat ook van 'n "uitgesakte" blaas) en jou gyne kan defnitief vir jou daarmee help - partykeer is medikasie genoeg, maar soms is 'n blaas lig operasie nodig om die probleem op te los
Sien ook http://familydoctor.org/online/famdocen/home/women/gen-health/189.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement