advertisement
Question
Posted by: AD | 2009-03-16

Malteser wat kneus

Hallo,

Ek het ' n maltese poedel van so byna twee jaar. Toe sy ' n baba was en tande gewissel het, het ons agtergekom dat haar bek vreeslik sou bloei as een van die " baba tande"  uitgeval het. Toe sy nou ouer word het ek haar na hondesalonne begin neem en dan het sy met kneusplekke onder op haar maag terug gekom. Ek het haar laat steriliseer op 11 maande en ons het haar amper verloor as gevolg van die feit dat sy so vreeslik gebloei het. Ek neem haar nou na ' n salon wat net ' n paar hondjies op ' n dag neem en glad nie met die bande en goed werk nie, maar sy kom selfs meer gekneus huistoe. Het sy maar ' n baie sensitiewe vel of is dit iets wat ek moet laat ondersoek. Sy is andersins baie gesond en spelerig en haar sussie wat ons uit dieselfde " batch"  uit gekoop het, het glad nie hierdie probleem nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo AD

Daar is 'n paar siektes wat 'n bloedingneiging kan veroorsaak. Jy moet maar 'n paar bloedtoetse laat doen.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2009-03-16

Klink vir my sy moet ' n bloedanalise he - vra vir jou veearts. Vra ook omtrent ' n vitamin K behandeling - dis die vitamine wat die bloed help om te stol. Dis moontlik sy' t een of ander tekort iewers, of dalk ' n metaboliese probleem. Bloedkanker kan ook sulke simptome veroorsaak, maar dit klink vir my onwaarskynlik in hierdie geval. Vra ook vir jou veearts oor Von Willebrands Disease...

Wees asb baie versigtig as die hond haarself beseer of ' n ongeluk kry - as haar bloed nie stol nie, kan selfs ' n taamlike ligte besering baie ernstige gevolge he.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement