advertisement
Question
Posted by: ST | 2010/12/21

Maltabella en diabetes

Goeie more,

Ek het erge insulien weerstandigheid en is op 850mg Glucophage. Ek is aanbeveel om ''n lae GI, ''rou'' dieet te volg, waar ek so min moontlik geproseseerde kos eet. Ek is al van kleins af baie lief vir Maltabella, wat bestaan uit 100% Sorghum. Die pap sal dus aan my ''rou'' dieet vereistes voldoen aangesien daar geen ekstra chemiese middels in die pap bygevoeg is nie. Ek wil wel nou uitvind of Maltabella ''n hoe GI het en of dit wel op ''n Lae GI dieet gebruik kan word vir ontbyt.

Baie dankie vir al die advies en geseende kersfees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste ST
Volgens die 'SA Glycemic Index & Load Guide' het gaar Maltabella pap sonder suiker, 'n hoë GI van 86. Aangesien jy sulke erge insulienweerstandigheid het, sal ek sterk aanbeveel dat jy eerstens 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00.
Sterkte en 'n geseënde Kersfees
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/21

Beste ST
Volgens die 'SA Glycemic Index & Load Guide' het gaar Maltabella pap sonder suiker, 'n hoë GI van 86. Aangesien jy sulke erge insulienweerstandigheid het, sal ek sterk aanbeveel dat jy eerstens 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00.
Sterkte en 'n geseënde Kersfees
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement