advertisement
Question
Posted by: Este van Aardt | 2012/10/13

Malaria simptome

Ons was vanaf 5 tot 7 Oktober in Mosambiek met vakansie en het geen malaria medisyne geneem vooraf nie. My man se voel egter nou baie verkouerig en lam en sy oë  dra en traan skielik. Keel en ore seer - stel u voor ons laat toets maar eerder vir malaria of is dit geensins simptome daarvan nie ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Este

Dit is heel waarskynlik net 'n virale infeksie, maar daar is 'n risiko dat hy wel malaria het. Konsulteer julle dokter vir bloedtoetse en 'n ondersoek om malaria uit te skakel. Die simptome van 'n akute virale infeksie en malaria kan verwar word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Unine | 2013/11/29

Hi daar, ons was in Zambia en my man het Mefliam gedrink, hy voel verkouerig, neus loop, lyf seer en hoes, ek dink dis net 'n verkoue. Wat is die simptome as hy die Mefliam gedrink het? En sal u my aanraai om hom eerder te vat vir bloedtoetse? Baie dankie.

Reply to Unine
Posted by: Erika | 2013/09/26

Ons was van die 8ste Sept tot die 15de September 2013 in Mosambiek. Was by Paindane tuis gewees. Het kerse gebrand, en al die ander dinge wat ons moes aanspuit ens.... maar het nooit die malaria pille voor die tyd gedrink nie, want teveel mense het ons afgeraai om dit te doen. Nou sit ek met 'n baie lelike maagaandoening en moet elke kort kort hardloop. Die naarheid is ook erg. Saam met dit kry ek skielik erg warm, en dan slaan die hoendervleis weer uit. Het net 'n ligte keelseer, maar my neus loop Moet ek maar laat toets vir malaria, of net 'n roetine toets by dr doen?.

Reply to Erika
Posted by: Thia Stoffels | 2013/01/31

Ek en my man was in die wildtuin van 16 tot 19 Desember 2012.
Het nie eintlik muskiet byte gesien of gevoel nie, van maandag af die 28st Jan 2013 voel ek baie moeg bene voel lam as ek trappe klim by die werk en ook uitasem kan dit tekens wees van malaria of sal dit beter wees om n dokter te gaan sien vir n bloed toets.

Reply to Thia Stoffels
Posted by: Thia Stoffels | 2013/01/31

Ek en my man was in die wildtuin van 16 tot 19 Desember 2012.
Het nie eintlik muskiet byte gesien of gevoel nie, van maandag af die 28st Jan 2013 voel ek baie moeg bene voel lam as ek trappe klim by die werk en ook uitasem kan dit tekens wees van malaria of sal dit beter wees om n dokter te gaan sien vir n bloed toets.

Reply to Thia Stoffels
Posted by: Anton | 2013/01/14

Ons was Malaysie (Borneo) toe vir 2weke.
Het die 8ste Januarie terug gekom ek het sedertdien nie goed geslaap nie so my gestel is af, ek begin nou koorsig voel.
en voel gereeld duiselig.
ek is telkemale deur muskiete gebyt maar het, Meflokien (Larium, Mefliam) gebruik soos ''n dokter my voorgeskryf het en drink die medikasie steeds.
my enigste simptome is dus  koors en duiselig, alhoewel slegte nagrus dit moontlik kan verduidelik wil ek maar net seker maak.

Reply to Anton
Posted by: Tersia Roux | 2012/11/26

Ons was in die Kruger Wildtuin vir 5 dae. Ek het Peacefull Sleep aangesmeer en my hele lyf gespuit. Ons het die bungalow goed gespuit. Daar was geen muskiete sigbaar nie, maar ek het 12 byte opgedoen. Dit jeuk verskriklik en is baie sensitief. Ek is nie seker of dit muskietbyte is nie. Party bytplekkie lyk baie klein. Hoe lank moet ek wag voordat ek ''n dokter gaan raadpleeg? Ons was in die wildtuin vanaf 21 Nov tot 25 Nov.

Reply to Tersia Roux

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement