advertisement
Question
Posted by: Lidni | 2010/02/05

Maagvirus

My ma het ' n maagvirus opgedoen en ek dink ek het by haar aangesteek. Darem is myne in die beginstadium en het ek nog nie krampe nie, maar ek voel nogtans goor. Ek drink Interflora en my ma drink antibiotika - ons wil graag weet watter kosse is die beste om te eet en watter moet ons vermy. Ek sukkel ook om water en koffie te drink - kan ek eerder iced tea of ' flat'  coke light drink?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lidni
Jammer om te hoor van jou en jou ma se ongesteldheid. Indien julle op die oomblik braak en/of aan diarree ly, is dit beter om net vloeistowwe in te neem totdat die toestand bedaar. Drink gewone skoon water (bv. kraanwater wat gekook en afgekoel is) met klein bietjie suiker en 'n knippie sout in elke 300 ml. Dit is tuisgemaakte anti-dehidrasie vloeistof (mens verloor ook soute, nie net water nie) of vra jou apteker vir anti-dehidrasie oplossings wat mens dan met water verdun (sg. "elektrolietoplossings").
Jy kan wel "iced tea" of "coke light" sonder die gas, of swart tee of rooibostee met suurlemoen, drink. Indien julle toestande vererger of langer as 24 uur aanhou, is dit raadsaam om jou dr te raadpleeg aangesien mense so gedehidreer word dat hulle dikwels binneaarse vloeistof en elektroliete moet ontvang.
Ek hoop julle sal albei vinnig herstel.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: allan | 2010/03/01

Hi Dokter
Ek wonder kan ''n mens maagvirus opdoen deur seks?Hoekom kry ''n mens maagpyne/krampe wanneer hy sukkel om die maag te laat werk.Dit duur al drie weke.Is dit ''n deel van die onveilige seks bv -|- ak met die mond?
Laat weet asb
Dankie
Allan

Reply to allan
Posted by: DietDoc | 2010/02/05

Beste Lidni
Jammer om te hoor van jou en jou ma se ongesteldheid. Indien julle op die oomblik braak en/of aan diarree ly, is dit beter om net vloeistowwe in te neem totdat die toestand bedaar. Drink gewone skoon water (bv. kraanwater wat gekook en afgekoel is) met klein bietjie suiker en 'n knippie sout in elke 300 ml. Dit is tuisgemaakte anti-dehidrasie vloeistof (mens verloor ook soute, nie net water nie) of vra jou apteker vir anti-dehidrasie oplossings wat mens dan met water verdun (sg. "elektrolietoplossings").
Jy kan wel "iced tea" of "coke light" sonder die gas, of swart tee of rooibostee met suurlemoen, drink. Indien julle toestande vererger of langer as 24 uur aanhou, is dit raadsaam om jou dr te raadpleeg aangesien mense so gedehidreer word dat hulle dikwels binneaarse vloeistof en elektroliete moet ontvang.
Ek hoop julle sal albei vinnig herstel.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement