advertisement
Question
Posted by: TC | 2009/02/09

Maagseer / Mantelvlies breuk

Goeie dag.

Ek wil graag weet wat die simptome is van ' n maagseer / mantelvlies. Ek het so 4 jaar terug ' n mantelvliesbeuk (6cm) gehad en dit is herstel. Ek het tans nie sooibrand nie, maar is konstant moeg, het diaree, kan nie te veel eet nie, dan braak ek, slaap baie sleg en het ' n konstante hoes. Ek is ' n depressielyer (nie tans op medikasie) en weet nie of dit dalk iets daarmee te doen het nie. Ek is ook op weigh less en het 5 kg verloor, maar verloor geen verdere gewig nie. Ek het ook maagkrampe, soorteglyk aan menstuasie krampe.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo TC
Maagseer gee vir jou 'n brandpyn op die krop van jou maag wat kan sprei na jou rug, veral as jou maag leeg is of met etes. Mantelvlies breuk kan jou sooibrand gee en 'n vol gevoel op jou maag. Die moeg en sleg slaap kan dui op depressie, die diaree, maagkrampe en braking kan dui op 'n chroniese infeksie/inflammasie in die derm. 'n mantelvlies breuk kan hoes veroorsaak maar dit kan dalk ook iets anders onderliggend soos TB wees, so mens moet liewer 'n behoorlike ondersoek kry, met bloedtoetse om skildklierprobleme, bloedarmoede, niersiektes uit te skakel, dan moet mens stoelgang lab toe stuur om te toets vir infeksie, en dalk moet jy tog ook maar 'n gastroskopie kry om te kyk wat gaan aan in jou maag.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

34
Our users say:
Posted by: Marcha | 2016/08/12

Ek verstaan nie maar my neus brand,longe raak seer as ek hoes en dan as ek klaar gehoes het dan proe ek bloed dan raak ek net naar maar voel ook of my keel toe trek en wat kan dit wees asb

Reply to Marcha
Posted by: Anonymous | 2016/07/26

Goeie dag ek het al vir n baie lang tyd n pyn onder my borste wat my laat waker word n paar keer deur di nag dit vat dan baie lank voor ek we kan slaap ek bly moeg in di dag ma kani juis slp ni gaan slp na midernag was al op baie goed gewees vir die pyn soms is dit my hele maag wat pyn maar die pyn onder my bors is onbeskruif baar seerdr het al vir my gese dis n maagsweer en milt die suure en gase wat teen mekaar werk wat di pyne en krampe veroorsaak mag niks suure of gase of spice inmeem ni al eet en geb ek ni daai goed ni is dit pyn en krape nog steets da was gister we by apteker hul het my op aco cimetidine 400mg 3mal per dag help asb kabi me di pyn verduur ni elke keer word da goed gege wat net 2 tot 3 dae werk dan is dit erger voor el die meds gebr het

Reply to Anonymous
Posted by: anneke | 2016/07/04

hi . ek het toe ek 4 was n mantelflies breuk gehad (10cm) en alles het goed gegaan tot nou so twee weke terug ( ek is tans 15) . ek was in hospitaal toe en di doters het gesien ek het baie gal in my maag en n maagsweer nadat ek uit is het ek medikasie gekry en dit het help vir n hele week lank , maar gister toe begin ek slegter voel , wat kan ek nog doen ?

Reply to anneke
Posted by: Anonymous | 2016/06/06

Ek is n 46 man ek onlangs by n dokter gewees en ek het n dikderm wat nie werk nie.ek n mantelvlies breuk net onder my bors wat veroorsaak dat dit die hele tyd voel of da ietsvin my keel is .enige raad wat ek kan gebruik dat dit weg gaan? Ekis op behandeling vir my maag en mantelvlies breuk enige iemand wat kan help as johandebeer69@gmail.com sal baie wardeer word

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/05/18

Hay wil graag weet ek het februarie die 29 ste n keiser gehad van daar af bloei ek nogsteeds ek hou nooit op ni het al die spuit gekry ma dit werk ni het jul dalk vir my raad

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/02/26

Goeie middag wil net bietjie hoor. Ek sit nou al vir twee dae met pyn en ongemak bo in my linker sy. Begin nou verspry na die kroo van my maag as ook lae rug. Wat kan die oorsaak wees

Reply to Anonymous
Posted by: Karen | 2016/02/23

Hi, ek weet niks van n mantelvliesbreuk of sulke goed nie, my nefie het gese hy dink dit is dit? Ek werk in n drankwinkel, en vanoggend het ek swaar bierkratte opgetel en geskuif. Voel al heeldag of my maag wil gan, ma da is niks! Met slaapenstyd het ek ani slaap geraak, ma n rukkie later wakker geskrik met d pyn tussen my borste, wa ribbekas begin! Sukkel om diep asem te haal, en dit voel soos n knop wat da sit! Het ook n ystersmaak in my mond! Dis nogal bja ongemaklik en seer! Voel ok te bang om dr toe te gan! Asb help, wat kan dit wees?????

Reply to Karen
Posted by: Anonymous | 2016/02/12

Ek kry 'n pyn op krop van my maag waar die ribbes bymekaar kom Dit voel of ek nie kan asemhaal nie Dit gaan later weg en ek voel weer reg

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/02/10

Hey ekt al vir die afloop 3 dae al wat ek naarheid het maagpyne maag vat spoel en hou niks in my lyf nie ek is moeg ek het sooibrand en m pyn wat na my rug van my maag af kom asb help my se vir my wat dt ia

Reply to Anonymous
Posted by: Madeleine | 2016/01/21

Hi daar, Ek het al n geringe tyd die snaakste sametrekkings in my maag. My spiere trek saam (Soos jou kuit sal saamtrek) Ek voel hoe maak dit n bol in my maag. Dan kan ek nie opstaan nie. Moet le of sit en wag tot die sametrekking weer ontspan. Dit gebeur baie en is baie baie seer. Wat kan dit wees?

Reply to Madeleine
Posted by: Annelie | 2015/12/30

Watter kosmoet ek vermei met mantelvliesbreuk

Reply to Annelie
Posted by: SoekRAad | 2015/10/06

Hi daar ek sukkel die laaste 3 weke met elke ag naarheid, niks kom daarvan nie al voel dit kort kort daar gaan, sodra ek so naar word brand my oe so asof ek dit oopgehou het in die wind, en ek voel moeg, ek is glad nie swanger nie, ek het nie onlangs n operasie gehad nie. Groot asseblief wat kan ek doen om nie so te voel nie daar is geen tyd vir die gevoel nie dit kom en gaan

Reply to SoekRAad
Posted by: Anonymous | 2015/09/02

Hi het sterk pyn bo in borskas so bo my regte bors maar teen aan die middel van die borste as ek voorentoe buk Dan voel dit of iemand my met mes sterk daar. Wat kan dit veroorsaak?

Reply to Anonymous
Posted by: NR | 2015/04/07

My man het 'n mantelvliesbreuk nou se 'n suster by die kliniek hy het 'n spastiese derm, kan die 2 met mekaar verbind word? Kan die spastiese derm 'n gevolg van die mantelvliesbreuk wees?

Reply to NR
Posted by: moedeloos | 2015/03/07

Ek het ook n breek reg bo my naaltjie en dus is dit baie seer want dit kim al van na my swangerskap af en het nie medies om dit te doen nie en is bang vir staat hospitaal help in groot pyn

Reply to moedeloos
Posted by: wilma | 2015/02/16

ek het 2jaar terug 'n mantelvliesbreuk operasie gehad, sooibrand is weg maar sukkel verskriklik baie met maagpyne soms so erg dat dit voel my maag wil oopbars. Ek eet klein porsies omdat ek baie apteit verloor het maar tog voel ek so opgeblaas na ete en nog steeds is daar seker kossies wat voel of dit my wurg as ek sluk. Is daar miskien enige rede of selfs 'n oplossing daarvoor? Baie dankie

Reply to wilma
Posted by: Anonymous | 2014/10/01

Ek is op Nexiam dit beheer die "Heartburn", my probleem is ek is meeste van die tyd hardlywig maar dan eweskielik het ek 'n maag wat loop en dan gewoonlik so 'n tense gevoel agter my skouer (blat in arm af) gewoonlik linker kant dus ondraaglik. Dit voel of ek so tens is en net 'n speir verslapper moet drink maar dus nie 'n spier nie en verskriklik honger gevoel al eet ek. Help asb. So moeg en moedeloos. My dok wil my nie stuur vir die operasie om breek te herstel nie se dus 'n mors van tyd en geld.

Reply to Anonymous
Posted by: bruce | 2014/06/30

Het 2jaar terug vi n mantelvlies operasie gegasn van daarsf kan ek nie bje eet nie. Ek het erg gewig verloor en sukkel om gewig op te tel. Nou ad ek eet skasrs 2 minute dan spoel my maag. As ek net biki melk drink dan spoel my maag wat kan ek eet of drink om gewig op te tel.

Reply to bruce
Posted by: johanna | 2014/06/11

ek wil hoor my man sukkel vreeslik met sy maag dit begin onder die ribbes aan sy regter kant hy het n breek slaap baie sleg asgevolg van die pyne wat hy kry kan kwalik regop loop en gooi op en eet nie meer baie nie wat kan die probleem wees enige raad

Reply to johanna
Posted by: Angi | 2014/03/15

Hi almal, ekt nie sooibrand nie en gooi nie regtig op nie, maar ek is soms naar. Ekt n tipe swelling/knop (nie hard nie) net langs my sluk derm, naby my krop net waar my ribbes begin. My maag trek soms ongelooflik erg seer saam dat ek omtrent nie regop kan kom nie. Ekt tipe van steek pyne en my rug bly seer. Kan dit n mantelvlies breuk wees. Ekt darm n afspraak by my dr gemaak.

Reply to Angi
Posted by: lindie | 2013/04/18

Hi,ek wil net hoor,,my maag brand so erg dat my rug pyn,gooi baie op,slaap min,verloor gewig,eet nie baie,as ek eet is ek siek,is dit n maagseer of wat kan die probleem weers,help asb

Reply to lindie
Posted by: Anonymous | 2009/06/12

Daar is pyne in die krop van my maag

Reply to Anonymous
Posted by: CHARMAINE | 2009/05/26

Ek was nog nooit behandel vir mantelvlies breuk nie, maar wat ek nou gelees het klink amper so, party keer sodra ek " swaar"  kos soos rys,vleis,brood en sterk drank en bier drink voel dit of dit vas sit in my keel en dit trek tot deer my rug, kry deer die nag sooibrand dat dit deer my neus kom, en nou en dan as my sluk so erg is hoes ek ook, ek is bietjie oor gewig, en dan sit ek met n keelseer meer as n maand al dat ek soms n jeus stem al het, ek rook ook en ek het n probleem met snork ook wat n dink die probleem is wat die seerkeel veroorsaak.

Reply to CHARMAINE
Posted by: Annette Kruger | 2009/05/19

Ek het maag en borspyne,(brandgevoel onder my ribbekas wat opgaan na die middel van my bors) wat my verskriklik laat sleg voel, dat ek nie kan regop bly nie, dit voel of ek gaan flou word. Saam met die pyne het ek hartkloppings en sweet dan baie, warm gevoel. Ek raak ook naer, maar bring nie op nie. Ek het ook glad nie ' n eetlus nie. Dokter sê  dit kan dalk ' n klein breuk wees, maar kan dit jou so verskriklik laat sleg voel. Hy het vir die 2de keer Altosec 20mg voorgeskryf, maar dit raak nie beter nie.

Reply to Annette Kruger
Posted by: Christa | 2009/05/19

My ma is 73 jaar oud en was nou by verskeie spesialiste. Sy kry ' n pyn in haar laerug (maak bene lam) en trek die pyn oor haar linkerskouer en dan moet sy gaan lê  anders val sy om. Sy slaap dan baie na so ' n aanval. Dit is nie haar skildklier, nie haar hart, nie haar brein, nie epilepsie, nie floutes nie bloeddruk -volgens spesialiste. Sy kan nerens heen gaan nie want sy is bang sy kry die aanval - dit maak haar baie depressief. Enige raad asb.

Reply to Christa
Posted by: Nerina van Rensburg | 2009/05/12

Het 2jaar terug Mantelvliesbreuk operasie gehad(2de een) laaste keer het dr gesny. Simptome was ook naarheid en nogmaals naarheid. Na operasie was naarheid nog daar en ' n bariummaal is gedoen, en gesien ek het maagseer. Op Altosec en help baie. Ek het nou ' n Snitbreuk en wil net weet hoe ontstaan so ' n breuk? As ek hoes het ek weerskante van my naeltjie baie pyn.
Dankie

Reply to Nerina van Rensburg
Posted by: maryna | 2009/05/06

ek wil weet wat mag ek eet en nie eet nie

Reply to maryna
Posted by: Carmen | 2009/05/06

Ek sukkel met geweldige krampe, somtyds erge hardlywigheid en dan weer diaree. Is baie opgeblaas en geweldige pyn. Dr behandel met tablette vir die kolon en anti-depresante. Ek sukkel ook geweldig om gewig te verloor, tel eerder gewig op. Sukkel ook met kroniese moegheid, Wat staan my te doen asb!!!

Dankie
Carmen

Reply to Carmen
Posted by: TANIA | 2009/04/28

KRY VI 8 MDE AL KRAMPE,BRANDPYN EN DIAREE -+ 2 WEKE VOOR MENSRUASIE.2 MNE TERUG KOM DR TOT DIE GEVOLGTREKKING DIS `N SPASTIESE KOLON EN WORD VEROORSAAK DEUR SPANNING EN KAN NIKS DAARAAN DOEN NIE.HOEKOM ELKE KEER DIESELFDE TYD?BRANDPYN HET EK TOEVALLIG BY ANDER DR GEHOOR IS `N BREUK OP DIE KEISERSNIT TOE EK GAAN VIR VERKOUE EN DIT BRAND ELKE KEER AS EK HOES. VANAF HIERDIE MAAND KRY EK PYN OP HOLTE TUSSEN 2 BORSBENE - WAT KAN DIT WEES.HET JYASB RAAD.SUKKEL AL VI 8 MNDE ELKE 2DE WEEK VI 2WEKE MET KRAMPE EN DIAREE EN HIERDIE DR SE HY KAN NIKS DOEN.NA SWANGERSKAP GEBRUIK EK MIRELLE MA VOLGENS DR IS DIT NIE DIE OORAAK NIE.

Reply to TANIA
Posted by: lizelle | 2009/04/28

KRY VI 8 MNDE +-14 DAE (DIE VOLLE 14 DAE) VOOR MENSTRUASIE PYNE/KRAMPE,DIAREE EN BRANDPYN OP KEISER SNIT.VIR 6 MNDE KRY DR NIKS FOUT.2 MDE TERUG SE HY DIE SPASTIESE KOLON AGV SPANNING.VOLGENS HOM KAN HY NIKS DAARAAN DOEN - DIS NOU MA SO.HOEKOM KRY EK DIT NET DIESELFDE TYD?BRANDPYN HET EK TOEVALLIG BY ANDER DR GEHOOR IS `N BREUK OP DIE KEISERSNIT TOE EK GAAN VI VERKOUE EN DIT BRAN PYN ELKE KEER AS EK HOES.VANAF HIERDIE MAAND HET EK `N PYN IN DIE HOLTE TUSSEN MY 2 BORSBENE BY.HET JY RAAD?DIT GEBEUR NET MET MENSTRUASIE TYE.NA SWANGERSKAP IS EK MIRELLE.VOLGENS DR IS DIT NIE DIE MIRELLE NIE.SUKKEL AL VI 8 MNDE ELKE 2DE WEEK VIR 2 WEKE MET DIT EN IS AL SKAAM OM DR TOE TE GAAN. MEDIES WORD NET UITGEPUT SONDER ENIGE RESULTATE

Reply to lizelle
Posted by: Marilese | 2009/04/20

Ek was so 9maande terug vir ' n mantelvliesbreuk. Ek was baie siek. Die hoofoorsaak was naarheid. Ek kon nie my mond naby kos bring nie. Ek het naar gaan slaap, en ek het naar opgestaan. Snaaks genoeg het ek nooit sooibrand gekry nie. Dit was altyd net naarheid. Ek was vir soveel toetse gewees, en tot my bloed was getrek, maar kon niks fout kry nie. Ek gaan toe vir die toets wat hulle die pyp in jou neus afdruk. Die dokters het aan my chirurg gesê , ek het refluks. Hy het toe onmiddellik die mantelvliesbreuk gedoen. My probleem is die volgende: my naatheid is nie heeltemal weg nie. Wel beter, maar ek kry dit nog gereeld. En ' n maand na my operasie, was dit my verjaarsdag, en ek en my vriende besluit toe om te gaan dans. Ek het 2min gedans, toe kry ek ewe skielik hierdie sterk, dodelike, brand pyn op my maag, en begin braak! Ek het my dood geskrik, want dis die eerste keer wat so iets gebeur. Daarna het ek weer die pyn gekry, en dis so seer en erg, dat ek begin braak. Elke keer wanneer ek iets doen wat vinnig is, kry ek daardie pyn. Dit kan nie onfiksheid wees nie, want ek dans gewoonlik tot middernag aaneen, en makeer niks. Dis net na die operasie. Die dokter wil nou hê  ek moet weer gaan om die kamera te sluk, maar as hulle nou weer niks fout gaan vind soos die eerste keer nie, wat dan? Voor hulle kon uitfigure ek het refluks, was ek vir 8 toetse, en niemand kon niks fout sien nie. Ek dink daar is van die begin af iets fout met my maag, maar niemand kry die fout nie. Wat dink jy van my storie? Enige raad oor wat dit kan wees? (Oh ja, ek is ook ' n senuwee wrak en stres baie)

Reply to Marilese
Posted by: Ann | 2009/04/14

Ek was nog nie vir enige toetse nie maar my huisdokter het my eers behandel vir n maagseer en toe later vir my gese ek kry so verskriklik sooibrand want dit is n mantelvliesbreek.Sooibrand is baie keer so erg dat my keel seer is na so dag van heeldag sooibrand. Kan die sooibrand enige permanente skade veroorsaak? Soms help pille maar ander keer nie en dan kry ek n geweldige pyn op die krop van my maag. Het jy dalk vir my enige raad?

Reply to Ann
Posted by: Erina Botha | 2009/03/17

Ek het reeds ' n gastroskopie gehad, wat aandui dat ek ' n mantelvlies breuk het. Ek wil weet of ek die operasie kan kry SONDER enige verdere toetse, want ek verstaan daar is ' n toets waar ' n buis in jou neus gedruk word, en daar is nie ' n manier waarop enigiemand so iets in my neus in opdruk nie. Is daar enige alternatief?

Reply to Erina Botha | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2014/09/08

Ek het die mantelvliesbreuk operasie gehad sonder verdere toetse. My dokter het verstaan want hy se dis vir baie pasiente n verleentheid om met die pyp in die neus rond te loop. Dit was ses jaar gelede. ek was nognie een dag spyt nie. nooit weer probleme gehad nie. Die operasie self was nie eers vir my baie seer nie.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement