advertisement
Question
Posted by: Louise | 2013/01/20

Maagseer?

Goeiedag dokter

Ek het omtrent al 2 jaar ''n probleem dat met tye my maag verskriklik baie brand met tye en soms sooibrand daarby. Dit gebeur veral nadat ek geeet het, gaskoeldrank of alkohol drink en is ongelooflike baie seer die brand. Ek het by apteek aan die begin Rennies en toe Gaviscon gekry. Die apteker het onlangs genoem dat ek moet dokter toe want ek kan dalk ''n maagseer he en intussen vir my Rennihexal pille gegee wat ek drink maar dit bring nie regtig verligting nie. Net vir kort tydjies dan is die brand weer terug. Kan u dalk se of dit nodig sou wees om ''n dokter te gaan sien en watter tipe dokter sien ek om te kyk of ek wel ''n maagsweer het? Ek het nie ''n mediese fonds nie so as ek na ''n spesialis moet gaan sou ek eerder dan direk na ''n spesialis wou gaan as om eers na ''n huisdokter toe te gaan en dan verwys te word na spesialis

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Louise


Ek stel voor dat jy 'n afspraak by 'n algemene sjirurg vir 'n gastroskopie maak. Jou simptome is heel waarskynlik te wyte aan 'n maagseer. Intussen kan jy voortgaan om Rennihexal te gebruik, in kombinasie met Gaviscon Plus.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement