advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2011/02/17

maagseer

Dr. vermoed ek het ''n maagseer, gaan maandag vir gastroskopie, ek wil weet wat is die moets en moenies, wat mag ek eet en drink en nie doen nie, en hoe lank moet ek so eet en drink voor maagseer weg is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nadia
As die gastroskopie aandui dat jy wel aan 'n maagsweer ly, dan sal die dr eerstens vir jou die korrekte medikasies voorskryf om die toestand te genees. Maagswere word gewoonlik veroorsaak deur stres en/of 'n infeksie in die maag van 'n organisme genoem Helicobacter pylori (indien jy so 'n infeksie het, sal die dr antibiotika voorskryf saam met medikasie om die suurafskeiding van die maag te verminder). Algemeen gesproke word pasiënte met maagswere aangeraai om oormatige inname van koffie, tee, gas-koeldranke, alkohol, skerp speserye en baie vetterige kos te vermy. Daarbenewens mag jy vind dat sekere kosse vir jou persoonlik ongemak veroorsaak, meestal a.g.v. die opbou van gas (bv. rou uie, knoffel, komkommer, groen of soet rissies, peulgroente, ens). As jy bewus is dat sekere kosse jou toestand vererger, dan sal jy dit moet uitsny totdat jy volkome genees is. Om stres te beheer, sal ek jou aanraai om 'n kliniese sielkundige te spreek sodat jy ontspanningsoefeninge en metodes van kalmering soos diep asemhaling kan aanleer, Ligte oefening soos joga kan ook help om jou te laat ontspan.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anneke | 2016/07/04

hi . ek het n gastroskopie gehad laas week en die dokter het gesien ek het n maagsweer . en hy het medikasie voor geskryf ( ulsanic) en medikasie het gehelp vir n hele week tot gister en toe kom die pyn weer terug ? is daar einge iets anders wat ek kan doen behalwe as om net di medikasie te drink

Reply to Anneke
Posted by: Nadia | 2011/02/18

Baie dankie Doc, ek was alreeds op die 2 antibiotikas wat die Dr voor geskryf het, maar daar is ''n vermoede dat die Helicobacter pylori terug gekeer het. Ons sal verseker sien of dit wel ''n maagseer is Maandag. Baie dankie oor die raad van die stres.

Reply to Nadia
Posted by: DietDoc | 2011/02/18

Beste Nadia
As die gastroskopie aandui dat jy wel aan 'n maagsweer ly, dan sal die dr eerstens vir jou die korrekte medikasies voorskryf om die toestand te genees. Maagswere word gewoonlik veroorsaak deur stres en/of 'n infeksie in die maag van 'n organisme genoem Helicobacter pylori (indien jy so 'n infeksie het, sal die dr antibiotika voorskryf saam met medikasie om die suurafskeiding van die maag te verminder). Algemeen gesproke word pasiënte met maagswere aangeraai om oormatige inname van koffie, tee, gas-koeldranke, alkohol, skerp speserye en baie vetterige kos te vermy. Daarbenewens mag jy vind dat sekere kosse vir jou persoonlik ongemak veroorsaak, meestal a.g.v. die opbou van gas (bv. rou uie, knoffel, komkommer, groen of soet rissies, peulgroente, ens). As jy bewus is dat sekere kosse jou toestand vererger, dan sal jy dit moet uitsny totdat jy volkome genees is. Om stres te beheer, sal ek jou aanraai om 'n kliniese sielkundige te spreek sodat jy ontspanningsoefeninge en metodes van kalmering soos diep asemhaling kan aanleer, Ligte oefening soos joga kan ook help om jou te laat ontspan.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement