advertisement
Question
Posted by: Sonja | 2009/05/13

Maagseer

My dokter het Nexiam vir voorgeskryf en gesê  as die pyn op my maag weer voorkom, moet hulle met die kamera kyk. My vraag is net, hoekom wil hul met kamera kyk of dit ' n maagseer is en wat gebeur daarna as dit wel so is - my weer op Nexiam sit? Wats die doel van die kamera dan? Hoe word die probleem opgelos?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sonja
Nexiam is 'n middel wat suurvorming in jou maag onderdruk, as 'n proeftydperk van behandeling nie werk nie, kyk hulle met die kamera om eerstens kanker uit te skakel, en tweedens 'n biopsie te neem om te toets vir Helibacter pylori infeksie en derdens om te kyk of daar 'n ulcus is. As jy die infeksie het, sit hulle jou op twee antibiotikas en Nexiam vir 'n langer tydperk (ten minste 6 weke). As daar 'n ulcus is, behandel hulle jou eers met medikasie en as dit nie genees nie, moet hulle soms opereer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement