advertisement
Question
Posted by: Melissa | 2009/01/14

Maagseer

Ek is 28 en in November 08 gediagnoseer met ' n maagseer (het die gastroskopy gehad). My dr het vir my medikasie gegee maar op 26 Desember was die pyn so erg ek moes hospitaal toe gaan. Daar is toe vir my sterkter medikasie gegee (Nexiam en Amphogel). Dit werk net kort rukkies. Die afgelope twee dae was ek nie by die werk nie agv die pyn. Ek het 7 dae terug tot opgehou met rook omdat ek gehoor het dit sal die genesing versnel maar dit word nie beter nie. Twee verskillende dokters het nou al vir my gesê  die simptome is defnitief die van ' n maagseer, want ek werk myself so op dat dit iets ergers is maar altwee het my verseker dit is nie lewer, galblaas, pankreas ens nie. Ek het ongelooflike seer rugspiere tesame met die maagpyn en ek is baie baie moeg. Ek het nou ' n afspraak by ' n internis gekry maar dis eers die 2de Februarie. Is daar enigiets wat ek kan doen om die pyn en ongemak ligter te maak tot dan? Ek begin nou al wonder of dit my dikderm kan wees. Al die navorsing wat ek doen oor ' n maagseer sê  die pyn is daar vir so twee tot drie ure (veral na etes) maar myne is die hele tyd daar. Daar is nie een uur van die dag wat my maag nie seer is nie en dit voel of dit my van my kop af gaan maak. Enige voorstelle of raad sal waardeer word. Ek het tot ' n boereraat gekry by iemand wat gesê  het ek moet Lennons Turlington met kondensmelk meng en dit dan elke uur drink maar ek is bietjie skrikkerig om dit te doen, al voel dit vir my op hierdie stadium dat ek enige iets sal probeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Melissa
Mucaine het 'n lokale verdower en anti-suur in en mag dalk help. Dit mag dalk ook help om Maxolon 1 drie maal per dag te neem maar jy sal 'n voorskrif daarvoor nodig hê.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: brenda | 2016/08/08

My maag brand voel soos honger al het ek sopas klaar ge eet??? Voelmook vreeslik opgeblaas. Het nou al telkemale turlington en kondensmelk mengsel gebruik. Enige ander raad???? Die brand mawg dryf my teen die mure uit.....

Reply to brenda
Posted by: william | 2016/05/03

Ek st met dieselfde probleem, en is net so skrikerig oor wat dt regtig kan wees .Ek dink die dr.se raad is maar die beste, so moenie kanse vt nie.

Reply to william
Posted by: Anonymous | 2016/03/17

Condensed milk and turlington the best medicine i saw irt working with my own eyes!!

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/07/22

Ek sal ook graag raad wil he my seun kry ook die maagpyne en is ook gediagnoseer met n maagsweer pyn raak so erg dat ni eers lenamet werk nie!!!!!!!!!!!!!!!!!hy moet eers braak voor die pyn weg gaan

Reply to Anonymous
Posted by: Suretha Watson | 2014/08/29

Hoe kan ek die dame wat die vraag gestel het hierbo opspoor? EK wil uitvind of iets vir haar gewerk het? Ek sit met dieselfde probleem! :( Niks werk, ek het al 'n Nissen ook gehad. Voel so moedeloos!

Reply to Suretha Watson
Posted by: kenneth | 2014/08/01

Ek het dieselfde simtone gehad tot my maagseer gebars het en moes gaan vir nood operasie en van daar af gee my maag my meer proebleme as ooit te vore ek sukel baie met sooibrand en maagsuur maar ek drink pille daar voor (lenamet ) dit werk soos n bom glo my

Reply to kenneth
Posted by: JO | 2009/01/15

Ek stel voor dat jy ' n ander internis soek wat jou dadelik kan neem! Noodgeval!

Reply to JO

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement