advertisement
Question
Posted by: Edward | 2009/02/15

Maagpyn

Ek het vreeslik baie pyn onder my laaste rip in my linker kant in '  n c vorm af.

Die pyn hou al vir meer as 2 jaar aan ek gaan gereeld Dr toe maar hulle behandel my tans met maagseer medikasie

Ek ondervind die volgende simptome :

- Ek het baie sooibrand
- My keel pyn soms en ek het '  n hees stem en hoes van tyd tot tyd veral as ek baie lag
- My maag is vrek seer
- Soms kramp my maag heeltyd geen medikasie help nie
- My maag word soms so warm in die nag dat dit voel of hy aan die brand is
- as ek op my rug le voel dit soos '  n boek of iets swaar wat op my linkerkant le as of iets op my druk
- Soms swel my maag

Ek het verskeie toetse laat doen al wat die volgende getoon het:

daar was '  n sonar van my organe geneem waar my regter of linker nier vergroot was so ook my milt was vergroot

My maag pyn soms so dat dit in my rug in trek en my niere dan ook pyn
met my laaste ondersoenk was daar steeds bloed in my urine maar dis nie dat my niere my so pla nie maar selfs as ek voor oor buk pyn my maag dit voel of iets daar druk

Wat kan dit wees

Edward

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Edward
Ek dink jy moet 'n gastroskopie laat doen ( "kameratjie sluk") om te bevestig dat die simptome van jou maag af kom - dis nie seer nie, bietjie ongemaklik maar is so gou oor dat mens kan uithou! Baie dokters doen dit sommer onder ligte narkose. Dit bekommer my dat daar bloed in jou uriene is met vergrote nier/milt - dit moet verder ondersoek word, verkieslik deur 'n nefroloog of internis. Medikasie help gewoonlik vir maagseer en refluks simptome soos jy wel het, maar daar kan altyd 'n maag seer plus iets anders ook wees! Vra jou dokter om jou te verwys na 'n gastroenteroloog en 'n internis. ( Mens kry gastroenteroloë wat ook interniste is)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement