advertisement
Question
Posted by: Lala | 2008/11/10

Maagpyn

Hi Dok

Het Saterdagaand bietjie opgeblaas gevoel en na Enos beter gevoel. Die nag moes ek egter kort kort opstaan om toilet toe te gaan. Ek het die vreeslikste maagkrampe gehad. Dit was so erg dat ek by tye naar gevoel, gesweet het en gevoel het of ek wil omkap. My maag het by tye gegaan maar nie soos met erge diaree nie. Gister die heeldag het ek goed gevoel. Ek het ' n apteker gister gevra of dit my maag of dikderm is wat so vreeslik pyn. Volgens haar was dit my maag en aanbeveel dat ek scopex neem. Vannag was dit weer dieselfde storie. Die pyn het dieselfde gevoel as die vorige nag. Die scopex het verligting gebring. Vandag voel ek sover goed. Wat kan dit wees wat net in die nag gebeur?

Dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Maagsere pla baie keer in die nag omdat jou suurafskeiding snags hoog is en jou maag ook leeg is - as dit aanhou moet jou dokter liewer kyk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement