advertisement
Question
Posted by: Hanlie | 2012/04/01

Maagkrampe

Ek was altyd lief om piesang in melk fyn te maak en dit dan te drink, tydens my eerste swangerskap het ek geweldige maagkrampe gekry wanneer ek dit drink en van toe af kan ek dit glad nie drink nie. Die laaste twee weke het ek 3x weer hierdie geweldige krampe op die krop van my maag ervaar, en toe ek mooi dink besef dit is elke keer as ek avokadopeer geeet het. Ek slaan in ''n koue sweet uit van die pyn en dit het nog nooit tevore na Avo gebeur nie. Is daar ''n verband tussen avo en piesang?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hanlie

Daar is geen verband tussen hierdie twee vrugte nie. Dit is moontlik dat jy 'n allergie ontwikkel het. Ek stel wel voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek en moontlike gastroskopie konsulteer, aangesien 'n maagseer ook so kan presenteer. Intussen kan jy Gaviscon gebruik wanneer jy hierdie simptome ervaar.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ansie | 2014/04/03

Ek het nooit regtig vrugte geeet nie. Nou dat ek prober gewig verloor en net vrugte en groente een kramp my maag erg en kry diareer. Hoekom Ek drink vlapoeier om die maag te bind en die krampe gaan dan weg. Dankie

Reply to Ansie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement