advertisement
Question
Posted by: Anniej | 2011/09/26

Maag virus

My seuntjie het verlede week Woensdag begin kla oor maagpyn en ''n dag daarna het ek dieselfde simptome begin kry. Intussen het my man dit ook gekry.

Ons al drie se mae kramp en ons voel heeldag naar en kort van asem. Ons gooi glad nie op nie. Ek en my man se mae werk ook soos normaal.

Ek was vandag by die dokter maar hy het slegs vir ons pille gegee vir naarheid, pyn en om diaree te stop.

Ons is amper al ''n week siek en gewoonlik voel mens darm na ''n dag of 2 beter. Ek wonder net hoekom het ons geen anti-biotika gekry nie? Is ons dan veronderstel om vanself gesond te word.

My seuntjie se maag werk eenkeer per dag maar nie soos normaal nie, dit lyk of hy diaree het maar sy maag werk nie aanhoudend nie. Is dit ook normaal dat sy maag so werk? Ek voel net dat ek nie kan aanhou medisyne gee en dan help dit nie op die langeduur nie.

Help asseblief ek het geen idee of ek besig is om ''n berg van iets kleins te maak nie.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annie

Die tipiese verloop van 'n maag virus is drie tot vyf dae met simptome van naarheid, braking, krampe, lyfseer en koors. Soms kan die virus tot twee weke neem voor die simptome verdwyn. So 'n infeksie word nie met antibiotika behandel nie, maar net simptomaties met rehidrasie, pille vir simptome en rus.

Dit is moontlik dat julle wel 'n bakteriele infeksie het. Vra die dokter om 'n ontleding van julle stoelgange te doen om vas te stel of daar 'n parasitere of bakteriele infeksie teenwoordig is.

Gaan voort met die medikasie wat die dokter voorgeskryf het. Vul julle dieet aan met probiotukum aan en neem baie vloeistof in. Kry ook so veel as moontlik rus.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/05/08

Hi. My dogtertjie het nou al 3dae maag pyn, en maagwerking. Daar was aan die begin n ligte bloeding in haar poeh maar lyk nou oky? Is dit gevaar zone of nog nie. Ek het vir haar pectrolite gegee maar sukkel nog met die maag pyn??

Reply to Anonymous
Posted by: christine | 2016/02/17

Hi ek wil net hoor my seun se maag werk ook baie en dis soos water hy het koors gehad nou is die koors darm weg maar nou hoes hy en hy moun sy kop is seer en sy neus is toe en sy magg bly seer word kan julle dalk raad gee asb was by kliniek hul het net parasitemol gegee en een sakkie ontwater mudel wat is te staande

Reply to christine
Posted by: Anonymous | 2015/02/24

Is dit.moonlik dat mens kan duislig raak van die maag virus.

Reply to Anonymous
Posted by: Cornelius van zyl | 2011/10/06

Watter voedsel kan ek eet na n maag virus my baie laat opgooi het 2 dae gelede, om n herhaling hiervan te voorkom...

Reply to Cornelius van zyl

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement