advertisement
Question
Posted by: Pam | 2009/09/22

Q.

Maag virus?

My sentjie van 5 is gister gediagnoseer met ' n maagvirus. Sy simptome is erge maagpyn. Alhoewel hy gister 2 keer opgebring het en sy magie 2 keer geloop (slymerig) is ek onseker. Die pyn is nog steeds erg maar hy het geen braking of diaree meer nie. Die dokter het vir hom niks medikasie gegee nie omdat hy sê  die virus moet uitwerk, maar as sy maag nie gaan nie en hy braak nie hoe kan dit dan uitwerk? Kan daar dalk iets anders fout wees? Hy het so nou en dan koors ook en sê  hy voel naar.

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Pam
Mens moet net oppas vir blindederm ontsteking. As hy nie kan regop loop van pyn nie, en dis vir hom seer as jy op sy maag druk ( en seerder as jy vinnig los) moet jy hom liewer terugvat dokter toe. Blindederm ontsteking se pyn begin by die naeltjie en sprei dan na die Regter sy net bo die heupbeen. Dit is kramperig van aard en word geleidelik erger. Hulle is koorsig en bleek en kan braak van pyn.
Gastro of maagvirus sal vir jou algemene krampe op die maag gee, veral oor die naeltjie area, en mens kan hoor die derms raas meer as gewoonlik. Iets soos Buscopan stroop help vir die krampe (maar dis vrek sleg! so gee 'n lekkertjie of 'n happie suiker na die tyd) en 'n warm water sakkie mag ook help.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments
Posted by: Casper | 2013/04/10

Ek het 'n week terug begin opgooi en diaree was twee dae siek van die werk, gistermiddag het dit weer begin net tien keer erger sommer op die selfde tyd, sodra ek iets eet of drink dan gooi ek op, ek het al 11 immodium tablette, scopex, clopamon 10mg, valoid 100mg gebruik vir die koors ek het nie krag nie en voel met tye baie baie sleg, is daar n maag virus hierdie jaar wat behandel moet word met 'n spesifieke medisyne, die dokter het my laas week gespuit maar hierdie week is dit erger terug Raad Asseblief

Reply to Casper
Posted by: Mariaan | 2009/11/19

Hey ek het n probleem ek het konstante maagpyn en voel of ek opgeblaas en partykeer kry ek so erg kopseer dit trek tot in my nek in wat kan die geval wees ek willie dr toe gan nie wnt hy neem my altyd op of hy gee my net n klomp pille om te drink en wat kan dit ook wees as jy moeg bly as jy op staaan en as jy kla geeet het ek bly moeg en sukkel om te konsentreer as ek so moeg voel asb ek kort dringend raad help asb

Reply to Mariaan

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement