advertisement
Question
Posted by: Pam | 2010/04/08

maag probleme

Hi doc, ek sukkel die afgelope tyd met die volgende simptome. opgeblaas, winderig, hardlywigheid. Ek het ook ''n snaakse pyn en kan nie regtig uitmaak waar dit is nie, dit voel iewers in my bors of dalk krop van my maag. Ek hoes ook aanmekaar en was einde laasjaar by die internis en hy het allerhande toetse gedoen en vermoed ek het reflux wat die hoes veroorsaak. Ek moet nog na ''n gastroloog gaan vir ''n ondersoek. Ek voel glad nie gesond nie, ek is baie moeg en voel of daar ''n " drukking op my maag is"  amper soos ''n wind wat vassit. Wat kan dit wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Pam

Die beste opsie is ongelukkig om so gou moontlik 'n afspraak by 'n gastroenteroloog te maak vir 'n gastroskopie en kolonoskopie. Dit is die enigste manier om 'n definitiewe diagnose te maak en om die korrekte behandeling toe te dien.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: amanda forbes | 2016/05/06

Dag Dr ek sukkel met n maagseer en is op medikasie maar deesdae as ek eet voel dit of my maag opblaas of dit teen my ribes druk

Reply to amanda forbes
Posted by: Andre | 2015/03/16

Goeie dag doktor , ek het 'n probleem met my maag. Ek het probleem gehad met bloedklont in my linker been en 'n paar jaar later in my regterbeen. Daarna moes hulle 'n bloedklont uitsny in my derm wat gaan vas steek het. Ek was vir 'n maand in die hospitaal. Daarna is ek waferin gesit wat ek permanent gebruik en elke maand my bloed laat toets. My probleem is dis nou al 12jaar sedert die operasie en nou sit ek met 'n probleem met my maag. Ek was al by verskeie dokters en elke keer word daar iets anders voorgeskryf. My maag is baie sensitief , as ek 'n maaltyd geniet het moet ek omtrent elke 10 - 15 minute gaan afskei dan voel ek weer beter. Dis baie irreterend want ek kan nie regtig my lewe geniet nie want ek's bang ek moet die toilet besoek of ek maak 'n glipsie. Ek eet gesond , my diet bestaan uit hoender , aartappels ,groente ,vis ,etc. Ek eet amper nooit burgers ,pizza etc nie. Voel altyd opgeblaas , gevoelig op my maag ,afskeiding is meestal vloeirig , winderig en my anus het 'n jeuk as ek my stoel laat gaan het. Ek moet somtyds tot 10 keer 'n dag toeilet gebruik voor ek beter voel. Creon1000 het bietjie gehelp maar ook net vir 'n rukkie. Wat staan my te doen ? Baie dankie vir die hulp

Reply to Andre

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement