advertisement
Question
Posted by: Tiekie | 2008/11/04

Maag ongesteld

Ek is 61 jaar oud - Laas Donderdag nag het ek ' n hewige hoofpyn gehad en daarna het ek begin opgooi. Ek het 2x gedurende die nag opgegooi en het ' n galbitter smaak in my mond gehad. (Ek het nie meer ' n galblaas nie) My maag het opgeblaas gevoel en dit is nou bykans ' n week en ek het nog steeds nie smaak vir kos nie. My maag werk ook geel.
Ek is normaalweg baie gesond en neem nie enige medikasie wat dit kon veroorsaak nie. My man het ook 2 dae voor my begin opgooi - kan dit dalk maagriep of ' n virus infeksie wees?
Die apteek het my tablette vir naarheid gegee asook ' n elektroliede mengsel. Moet ek maar dokter toe gaan of sal die naar en opgeblase gevoel vanself weggaan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tiekie
Ek stem saam, dit klink vir my ook soos 'n maaggriep. Probeer Probiotika 3 x per dag vir 'n paar dae, as dit nie beter word nie, sit so teelepeltjie stoelgang in 'n skoon ou medisyne botteltjie en vat vir jou dokter om laboratorium toe te stuur. Dan moet jy dalk antibiotika kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement