advertisement
Question
Posted by: Maagie.. | 2009/06/05

Maag lui..DR help asb..!

Hallo daar..vandat ek kan onthou is my maag maar lui en drink ek pille soos ALOE LAXATIVE een maal per week..ek drink gewoonlik so 2 na 3 liter filter water per dag..minder in die winter maar ek probeer..
Vrae..
1) Is dit sleg as mens water drink terwyl jy eet..? Het al gehoor dat dit die sappe te dun maak..?
2) Ek eet vrugte en vesel maar my maag bly lui..sal 1x week gaan as ek dit los..?
3) Het gewoonlik dan hardlywigheid en bloeding maar nie erg nie..
4) Is dit veilig om die ALOE LAXATIVE te drink..?
5) Hoe gereeld kan ek dit drink..?
6) Ek weet mense verskil maar hoe gereeld is jou maag veronderstel om te gaan? Ek het gelees dat dit gifstowe vrystel en jou liggaam dit absorbeer as dit so lank vat om te werk..
Ek doen nie noodwendig gereeld oefeninge nie maar ek loop baie en doen my huis werk alles self..
Ons eet ons aand ete voor 4uur die middag en ek drink altyd water saam met my etes..
RAAD nodig ASB..DANKIE!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Maagie
Kom ons antwoord jou vrae een vir een, maar voor ek begin moet ek net noem dat die aanbevole volume VLOEISTOF wat 'n volwasse persoon per dag moet inneem, 2,5 liter is. Dit sluit alle vloeistowwe in, water, koeldranke, vrugtesappe, tee en rooibos tee, koffie, melk, en selfs bier, wyn, ens. As jy tot 3 liter water per dag drink PLUS ander drankies dan drink jy te veel vloeistof wat tot komplikasies soos elektrolietwanbalanse kan lei. Sorg dus dat jy in TOTAAL met alles wat jy drink, 2,5 liter vloeistof per dag inneem.
1) Daar bestaan 'n moontlikheid dat jou maagsappe verdun kan word as jy water saam met jou maaltye drink. Soos hierbo genoem, kan jy in totaal te veel vloeistof inneem wat probleme kan veroorsaak. Moet dus nie hierdie saak oordoen nie.
2) As jy voldoende dieetvesel inneem (ten minste 20 g per dag) van hoe-vesel ontbytgrane, sg. 'koringvesel' (wheat bran) wat jy oor ander kosse sprinkel, volgraan en saadbrood, baie groente en vrugte, veral gekookte droë vrugte dan behoort jy gereeld ontlasting te ondervind ook sonder die lakseermiddel.
3) As jy bloei met ontlasting, moet jy asb jou dr vra om jou te ondersoek, om seker te maak dat jy nie aan fistels of aambeie ly wat moontlik behandeling sal verg.
4) Dit is nie veilig om gedurig kwaai lakseermiddels te drink nie. Dit maak jou maag lui en jy sal jou natuurlike peristalse (dermbewegings) verloor. Probeer jouself daarvan speen.
6) Gereeldheid is 'n individuele reaksie. Sommige mense ondervind net een ontlasting per week en is gesond en gelukkig daarmee. Ander persone het 2-3 ontlastings per dag. Die maatstaf is of jou stoelgang hard en droog is en of jy baie moet sukkel om dit te passeer. Dit sal dui op hardlywigheid. Die storie van die gifstowwe is nie waar nie.
Kliek gerus op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's Articles' en lees Artikels 123 en 124 oor gesonde kolon praktyke en wat om te eet om jou kolon gesond te hou. Let veral op die inligting oor probiotika.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement