advertisement
Question
Posted by: snoopy | 2009-06-27

maag krimp?

Hi Doc,
Ons stry oor hierdie onderwerp.
Krimp ' n mens se maag as jy minder eet en gewig verloor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Snoopy
Dit is wel moontlik om jou maag te krimp deur minder te eet oor 'n lang periode. Persone wat in konsentrasiekampe uitgehonger is, se maagvolumes het tot so ‘n mate gekrimp dat hulle nie die kos kan eet wat vir hulle na bevryding voorgesit is, sonder op dit weer op te bring nie. Mens moet egter onthou dat daar 'n hele aantal faktore bydra tot die stimuli wat lei tot voedselinname. Dit sluit in, jou bloedsuikervlak, die vlakke van 'n hele aantal hormone, sosiale stimuli soos tyd van die dag, reuke, geure van kos, asook gewoontes. Dus mag jy nog steeds wil eet, al is jou maag effens gekrimp, en sal lg. nie noodsaaklik lei tot gewigsverlies nie, tensy die maag deur bariatriese chirurgie fisies kleiner gemaak word.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement