advertisement
Question
Posted by: Linda | 2009/06/09

Maag en spierpyn

Ek het die afgelope jaar met konstante maag en spierpyne gesukkel. Ek het vir soveel toetse gegaan en elke keer is daar niks gevind nie. My hele rug se spiere asook voor by my borskas en oor my ribbes se spiere was konstant seer. Dan het ek ook erge abdominale pyne gehad wat nooit weggegaan het nie. Nou die dag lees ek van Cayenne pepper wat mens '  n halwe teelepel in '  n halwe glas warm water meng en dan drink. Blykbaar help dit vir spierpyne, abdominale pyne, IBS en nog vele ander dinge en kwale. Ek het toe besluit om dit te probeer. Dit is nou al die 4de dag en my pyne is aansienlik minder. Ek weet nie of dit net sielkundig is nie maar ek glo nie, daarvoor het ek al te lank hierdie pyne. My maag is nog met tye effens sensitief maar verder voel ek 100%. Het dr '  n verklaring hiervoor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Linda
Ek moet erken dat ek nie jou reaksie op die Cayenne peper kan verklaar nie. Cayenne peper is 'n goeie bron van vitamine C en sg. Capsicum verbindings wat moontlik kan help met spysvertering. Hoe dit jou spierpyne verbeter, kan ek nie raai nie. Soos jy self sê, mag sielkunde, die sg. "plasebo-effek" ook 'n rol speel. As dit vir jou help en jy beter voel, dan moet jy dit maar gebruik want dit klink vir my dat tot nou toe niemand kon diagnoseer wat die oorsaak van jou simptome is nie. Dit is moontlik dat jy aan 'n onbekende virusinfeksie gely het en dat jy nou van self beter word.
Ek hou styf duim vas dat jy nou gaan beter voel.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Johan | 2009/07/22

Ek kry nou al vir die laaste jaar ook erge spierpyne oor my linker bors en agter in my blad en onder my ribbes. Ek was ook al na vele dokters, en geen verklaring kon vir my gegee word nie. Ek sal dit waardeer as iemand dalk vir my raad kan gee. Die pyne kom en gaan, veral as ek bed toe gaan en begin ontspan dan voel dit of my spiere begin bewe.

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement