advertisement
Question
Posted by: LInda | 2009/06/09

Maag en spierpyn

Ek het die afgelope jaar met konstante maag en spierpyne gesukkel. Ek het vir soveel toetse gegaan en elke keer is daar niks gevind nie. My hele rug se spiere asook voor by my borskas en oor my ribbes se spiere was konstant seer. Dan het ek ook erge abdominale pyne gehad wat nooit weggegaan het nie. Nou die dag lees ek van Cayenne pepper wat mens ' n halwe teelepel in ' n halwe glas warm water meng en dan drink. Blykbaar help dit vir spierpyne, abdominale pyne, IBS en nog vele ander dinge en kwale. Ek het toe besluit om dit te probeer. Dit is nou al die 4de dag en my pyne is aansienlik minder. Ek weet nie of dit net sielkundig is nie maar ek glo nie, daarvoor het ek al te lank hierdie pyne. My maag is nog met tye effens sensitief maar verder voel ek 100%. Het dr ' n verklaring hiervoor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Linda
Rooipeper bevat Capsein wat anti-inflammatoriese en pynstillende eienskappe het. As dit werk kan jy dit probeer, dit behoort nie newe-effekte te gee nie
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement